ARTÍCULO
TITULO

?n Vergelyking tussen die kardiostres-indekse van ?n aktiewe en ?n sedent?re populasie

Peet Du Toit    
Paola Wood    
Catherina C. Grant    
Evangeline Nortje    
Michael Kleynhans    
Lizelle Fletcher    
Pieter E. Kr?ger    
Annie M. Joubert    
Justin J. Kennedy    
Ron?l Ferreira    
Abert van Schoor    
Fourie Joubert    
Gerda Gericke    

Resumen

Die moderne leefwyse bring dikwels mee dat ons die belangrikheid van liggaamlike oefening uit die oog verloor. Ons toenemend passiewe leefwyse het gelei tot ?n aansienlike toename in die oorkoms van lewenstylsiektes soos hipertensie en verskeie vorme van vaskul?re patologie. In hierdie studie word die kardiostres-indekse (KSI?e) van aktiewe en sedent?re individue met mekaar vergelyk ten einde insig te verkry in die uitwerking van die aansienlike veranderinge wat in die gemoderniseerde samelewing plaasgevind het. Die aktiewe populasie het bestaan uit 217 weermagrekrute wat reeds 20 weke van hul basiese weermagopleiding voltooi het. Die (n = 126) lede van die sedent?re populasie is gewerf uit ?n tradisionele tersi?re onderwysinstansie. Die deelnemers uit beide populasies moes drie toetssessies bywoon wat gedurende week 1, week 12 en week 20 gehou is. Hulle het ?n nie-ingrypende ViportTM toets ondergaan om hul KSI, harttempo en QRS-duur te bepaal. Die resultate het getoon dat alhoewel die basislyn vir KSI, bloeddruk en harttempo aanvanklik ho?r was onder die aktiewe populasie, die aanvang van die liggaamsoefeningprogram ten opsigte van hierdie drie faktore ?n geleidelike afname en dus ?n verandering in die rigting, en uiteindelik gesonder marges tot gevolg gehad het. Die KSI het egter nie die normale reikwydte ten opsigte van een van die twee groepe bereik nie, wat daarop gedui het dat alhoewel liggaamlike aktiwiteit fisiologiese stresvlakke verminder, ander sleutelfaktore, te wete leefwyse en stresvlakke, ook in ag geneem moet word. Die studie onderskryf die idee dat ?n toename in liggaamlike aktiwiteit die potensiaal het om ?n individu se vatbaarheid vir kardiovaskul?re siektes te verminder. Die studie ondersoek ook die uitwerking van oefening op die hart deur die gebruik van KSI as ?n meetinstrument.

 Artículos similares

       
 
L Boardman, T C de Klerk     Pág. 75 - 91
Die globale verspreiding van rotskuns kompliseer die navorsing daarvan en noodsaak navorsers om grootliks op die aanlyn beskikbaarheid daarvan staat te maak. Sou van die elemente in só ?n kunswerk blyk onduidelik te wees, moet tans op ?n individuele basi... ver más

 
Y Schoeman, P J Oberholster     Pág. 132
Die besoedeling van beskikbare waterbronne is een van die grootste bedreigings vir volhoubare watervoorsiening in Suid-Afrika. Gepaardgaande uitdagings in omgewingsbestuur en antropogeniese impakte in die vorm van die bekendstelling van chemiese en kriti... ver más

 
J Rossouw     Pág. 2 - 11
Hierdie artikel toon aan dat die kontantfunksie van sentrale banke (spesifiek banknote) weinig aandag in die akademiese literatuur kry en dra dus by om hierdie leemte te vul. Banknootuitreiking kom teen ?n groot koste vir sentrale banke, maar banknote in... ver más

 
S Salifu, D Desai, S Kok, O Ogunbiyi, A Oketola, I Cipriano     Pág. 64 - 74
In ?n strewe om die koste van die produksie van elektriese energie drasties te verminder en die dringende behoefte om in die toenemende vraag na elektrisiteit te voorsien, word kragopwekkingstoompype aan verskillende stoomladingstoestande blootgestel. Di... ver más

 
B A Senekal     Pág. 106 - 114
Samewerking het oor die afgelope eeu in byna alle wetenskaplike velde toegeneem, met ?n merkbare versnelling oor die afgelope dekades. Die redes vir hierdie toename sluit in die inligtingsontploffing en die uitdaging wat dit aan individuele navorsers ste... ver más