ARTÍCULO
TITULO

Die verband tussen broeilingmassa en eiervolume in die Nylkrokodil (Crocodylus niloticus): Eiers se produktiwiteit varieerA model by which to estimate the volume of Nile crocodile eggs after they have hatched

Johan Oliviette Nöthling    
Johan Antowan Nöthling    
Jan Gabriël Myburgh    

Resumen

Die waarde van hul leer stimuleer kommersiële boerdery met verskeie spesies van die Crocodilia. Oorlewings- en groeivermoë van krokodilbroeilinge hou verband met hul geboortemassa. Daar bestaan ?n positiewe verband tussen broeilinggrootte en eiergrootte van verskeie spesies van die Crocodilia. Krokodileiers se grootte word dikwels nie gemeet voordat hulle uitbroei nie. Die doel van hierdie studie was om ?n model te skep waarmee die volume van individuele Nylkrokodileiers geskat kan word nadat hulle uitgebroei het en die dop gebreek is, sodat die verband tussen eiervolume en broeilingmassa op ?n individuele basis bestudeer kan word sonder dat die grootte van eiers gemeet is voordat hulle uitbroei. Onvrugbare eiers is in sy-aansig gefotografeer, met een pool na onder en die ander na bo en ?n skaal op die vlak van fokus. Hul volume is met waterverplasing gemeet (verplasingsvolume). ?n Rekenaarprogram wat vir die doel geskryf is, is gebruik om die fotobeelde te meet. Die program het die eierbeeld regop gedraai en die posisie van die poolas bepaal sonder om die boonste pool se posisie in ag te neem. Die lengte van verskeie dwarsdeursnitte (loodreg op die poolas) is gemeet, en die volume van die eier bereken deur die funksie wat die horison van die eier op die poolas beskryf te integreer (berekende volume). Die beste modelle is bepaal om die berekende volume te skat deur gebruik te maak van inligting beperk tot verskillende afstande van die onderste pool in die rigting van die boonste te gebruik, en vir eiers met verskillende polariteit. Die modelle is daarna gebruik om die volumes van 138 eiers waarvan 15%, 20%, 25% en 30% van elke eierbeeld, van die boonste pool in die rigting van die onderste, gemaskeer is.Deur analise van die gemaskeerde fotobeelde kan die volume van eiers met volumes van 60 ml tot 135 ml met 95% vertroue binne 4.57 ml van die werklike voorspel word. Hierdie studie skep die moontlikheid om die volume van uitgebroeide Nylkrokodileiers te skat. Variasie in Nylkrokodille se geboortemassa van groter as 7.72% kan met 95% vertroue geïdentifiseer word vir broeilinge uit eiers met ?n geskatte volume van 60 ml, terwyl die presisie verbeter tot ?n variasie groter as 3.40% vir broeilinge uit eiers met ?n geskatte volume van 135 ml.

Palabras claves

 Artículos similares

       
 
Jacobus N Eloff     Pág. 16 - 19
Met die langer lewensverwagting en verandering van pensioenskemas van maatskappye die afgelope paar jaar word dit al hoe belangriker vir salaristrekkers en pensioenarisse om self verantwoordelikheid te neem vir hulle fi nansiële beplanning voor... ver más

 
Estelle Gaigher     Pág. 8 bladsye
Hoewel daar heelwat internasionale navorsing gepubliseer is oor leerlinge se wanopvattings oor elektrisiteit, is daar weinig studies gedoen oor onderwysers se bewustheid van hierdie wanopvattings. Hierdie artikel doen verslag oor ?n gevallestudie om... ver más

 
Elza Venter     Pág. 7 bladsye
Generasie Y-leerders is jongmense wat ongeveer tussen 1977 en 2000 gebore is. Hierdie leerders het voor skerms grootgeword, ongeag of dit televisie-, rekenaar- of selfoonskerms was. Hulle is gebore in ?n samelewing waar inligting, opvoeding en verma... ver más

 
Surette van Staden     Pág. 7 bladsye
Die effek van voeding op leerderprestasie was al die onderwerp van menige studie. Bewyse wat die oorsaaklike verhouding tussen voeding en prestasie staaf, bestaan egter nie. Op nasionale vlak bel? die Departement van Basiese Onderwys tyd, moeite e... ver más

 
Willem J. Rauscher     Pág. 5 bladsye
Die aankondiging deur die Suid-Afrikaanse Minister van Basiese Onderwys dat Natuurwetenskappe en Tegnologie voortaan in die Intermedi?re Fase gekombineer gaan word, skep verskeie uitdagings wanneer dit kom by die uitvoering van hierdie aankondigin... ver más