ARTÍCULO
TITULO

Ontwikkeling van ?n verklarende raamwerk vir die oplossing van elektrisiteitsprobleme

Reuben D. Koontse    
Jeanne Kriek    

Resumen

Probleemoplossing word as ?n hoërorde-denkvaardigheid beskou en is as een van die 21ste eeu se kernkundighede ingesluit. Ten einde te illustreer hoe studente se gebruik van ?n spesifieke wiskundige benadering tot ?n bepaalde soort begrip lei wanneer elektrisiteitsprobleme opgelos word, is daar ?n verklarende raamwerk ontwikkel. Hierdie verklarende raamwerk kombineer twee algemeen gebruikte raamwerke, naamlik Wiskundige hulpmiddels (WH) en die Uitgebreide semantiese model (USM), en is in drie subonderwerpe van elektrisiteit, naamlik elektriese stroombane, elektriese krag en elektriese veld, gerasionaliseer. Daar is op ?n interpretiwistiese navorsingsparadigma besluit om vyftien eerstejaarstudente se wiskundige benadering in die oplossing van elektrisiteitsprobleme te verduidelik en sin daaruit te maak. Oor die algemeen is daar bevind dat studente meer geneig is om formele wiskundige reëls te aktiveer, selfs wanneer die gebruik van basiese of alledaagse wiskunde, waar intuïtiewe kenniselemente en oorspronklike redenering geaktiveer word, doeltreffender sou wees. Die behoefte aan ?n kwalitatiewe, in plaas van kwantitatiewe, benadering in die oplossing van fisikaprobleme het aan die lig gekom. Die studie het implikasies vir toekomstige benaderings tot wetenskaponderrig.

 Artículos similares

       
 
Y Schoeman, P J Oberholster     Pág. 132
Die besoedeling van beskikbare waterbronne is een van die grootste bedreigings vir volhoubare watervoorsiening in Suid-Afrika. Gepaardgaande uitdagings in omgewingsbestuur en antropogeniese impakte in die vorm van die bekendstelling van chemiese en kriti... ver más

 
L Liebenberg, M Schutte-Smith, H G Visser     Pág. 126
Kanker is een van die grootste oorsake van sterftes in die wêreld. Volgens CA: A Cancer Journal for Clinicians is daar in 2020 wêreldwyd sowat 19,3 miljoen nuwe kankergevalle en 10 miljoen sterftes as gevolg van kanker aangemeld. ?n Kankerdiagnose het ?n... ver más

 
A A Tefera     Pág. 12 - 21
Mielies is een van die hoëprioriteitgewasse om die steeds groeiende bevolking in Afrika te voed, maar die produksie daarvan word beperk deur ?n tekort aan hoëopbrengsvariëteite tesame met biotiese en abiotiese stremming. Hierdie studie is begin om gemidd... ver más

 
S du Preez, J du Plessis, J Fourie, W du Preez, D de Beer     Pág. 92 - 105
Die doel van hierdie literatuurstudie was om ?n breë oorsig van laagvervaardiging in Suid-Afrika en die beroepsgesondheid risiko?s wat geassosieer word met laagvervaardiging te voorsien. Laagvervaardiging is die proses waar materiale laag-vir-laag neerge... ver más

 
M Visser, T Pieterse, L Twigge, C Marais, B C B Bezuidenhoudt     Pág. 141
Sedert die ontdekking van olefienmetatese in die 1950?s vervul dit ?n onontbeerlike rol in sintetiese organiese chemie. Hierdie ontdekking het innoverende vooruitgang in chemiese biologie, medisinale chemie en materiaalwetenskappe tot gevolg gehad (Hovey... ver más