ARTÍCULO
TITULO

Onderrig van Generasie Y

Elza Venter    

Resumen

Generasie Y-leerders is jongmense wat ongeveer tussen 1977 en 2000 gebore is. Hierdie leerders het voor skerms grootgeword, ongeag of dit televisie-, rekenaar- of selfoonskerms was. Hulle is gebore in ?n samelewing waar inligting, opvoeding en vermaak net ?n klik ver was. Navorsers meen dat dié leerders se kritiese denke en ander kognitiewe vaardighede geaffekteer is omdat hulle ?n aansienlike hoeveelheid tyd daaraan bestee het om woorde en beelde passief te absorbeer, eerder as om met insig te lees. Leerders uit die generasie is dikwels ongemotiveerd en onbetrokke by hul eie leerervaring omdat hulle hul gelyktydig op ?n menigte digitale toestelle vermaak, terwyl die opvoeder hulle aandag probeer kry. Hulle verkies multitaakverrigting eerder as om op een taak of persoon op ?n slag te fokus en stel dikwels meer belang in wat op die skerm voor hulle aangaan as in wat die onderwyser hulle kan bied. Opvoeders op sekondêre en tersiêre vlak moet kennis hiervan neem en opnuut dink oor hulle onderrig- en leerstrategieë. Die klem in hierdie navorsing val op leerders, studente en opvoeders op sekondêre en tersiêre vlak. Die navorsing is deur die toepassing van ?n literatuuroorsig gedoen. Die hoofnavorsingsvraag van die studie is: ?Hoe kan Generasie Y-leerders beter deur opvoeders by hulle eie leer in die klaskamer of lesinglokaal betrek word?? Die twee subvrae is: (1) ?Wat is sommige van die eienskappe van Generasie Y-leerders wat leer beïnvloed?? en (2) ?Watter onderrigstrategieë kan gebruik word om Generasie Y-leerders meer by hulle eie leer te betrek?? Die outeur van hierdie artikel wil poog om opvoeders deur die literatuurstudie van riglyne in hierdie verband te voorsien.

 Artículos similares

       
 
A. Barbara Posthuma, Jacobus G. Maree, Gerrit Stols     Pág. 9 bladsye
In Suid-Afrika is beperkte navorsing gedoen oor onderwysers se reflektiewe klaskamerpraktyk. Die artikel het dus ten doel om die gehalte en inhoud van wiskundeonderwysers se refleksie of besinning oor ?n les binne die konteks van lesstudie te onde... ver más

 
Josef J. De Beer, Elizabeth Henning     Pág. 9 bladsye
In hierdie artikel skryf die outeurs oor navorsing wat hulle gedoen het oor onderwysers se siening van die onderrig van evolusie, wat in 2008 as ?n tema in lewenswetenskappe in Suid- Afrikaanse skole ingesluit is. Hierdie vernuwing in die kurrikul... ver más

 
Annalie Roux     Pág. 9 bladsye
Selfregulering is belangrik in die ontwikkeling van lewenslange leerders, veral by voordiensonderwysers wat op hul beurt modelleerders van selfregulering in hul eie klaskamers gaan wees. Onderrig op tersi?re vlak word grootliks gekenmerk deur trad... ver más

 
Surette van Staden     Pág. 7 bladsye
Die effek van voeding op leerderprestasie was al die onderwerp van menige studie. Bewyse wat die oorsaaklike verhouding tussen voeding en prestasie staaf, bestaan egter nie. Op nasionale vlak bel? die Departement van Basiese Onderwys tyd, moeite e... ver más

 
Renette J. Blignaut, Retha Luus, Ronell Lombard, Abduraghiem Latief, Danelle Kotze     Pág. 7 bladsye
Die onvoldoende aard van die onderwys-infrastruktuur in Suid-Afrika het tot swak akademiese prestasie in openbare skole gelei. Probleme binne skole, soos ondergekwalifiseerde onderwysers en swak prestasie deur onderwysers is die resultaat van ?n o... ver más