ARTÍCULO
TITULO

Goederevervoermodusse wat in internasionale handel gebruik word

Wessel J Pienaar    

Resumen

Sedert die ekonomiese deregulering van goederevervoerbedrywighede in nywerheidslande oor die wêreld heen en die vrymaking van internasionale handelspraktyke het dit nodig geword om ?n praktiese kennis van die tipe g oederevervoertegnologie te hê wat kan help om die doelmatige en doeltreffende deelname in internasionale handel te ondersteun. In dié oorsigartikel word verslag gedoen oor die vernaamste bedryfs- en tegnologiese eienskappe van die goederevervoermodusse wat in internasionale handel gebruik word. Die fokus is in besonder op daardie aspekte wat die bedryf van internasionale goederevervoer onderskei van dié van plaaslike goederevervoer. Al vyf goederevervoermodusse word bespreek, te wete lug-, pad-, spoor-, pypleiding- en skeepsvervoer. Voortspruitend uit die navorsing word aanbevelings gemaak om die doelmatigheid en doeltreffendheid van goederevervoer tussen Suid-Afrika en ander lande te help verbeter.

 Artículos similares

       
 
Y Schoeman, P J Oberholster     Pág. 132
Die besoedeling van beskikbare waterbronne is een van die grootste bedreigings vir volhoubare watervoorsiening in Suid-Afrika. Gepaardgaande uitdagings in omgewingsbestuur en antropogeniese impakte in die vorm van die bekendstelling van chemiese en kriti... ver más

 
J Rossouw     Pág. 2 - 11
Hierdie artikel toon aan dat die kontantfunksie van sentrale banke (spesifiek banknote) weinig aandag in die akademiese literatuur kry en dra dus by om hierdie leemte te vul. Banknootuitreiking kom teen ?n groot koste vir sentrale banke, maar banknote in... ver más

 
S Salifu, D Desai, S Kok, O Ogunbiyi, A Oketola, I Cipriano     Pág. 64 - 74
In ?n strewe om die koste van die produksie van elektriese energie drasties te verminder en die dringende behoefte om in die toenemende vraag na elektrisiteit te voorsien, word kragopwekkingstoompype aan verskillende stoomladingstoestande blootgestel. Di... ver más

 
B A Senekal     Pág. 106 - 114
Samewerking het oor die afgelope eeu in byna alle wetenskaplike velde toegeneem, met ?n merkbare versnelling oor die afgelope dekades. Die redes vir hierdie toename sluit in die inligtingsontploffing en die uitdaging wat dit aan individuele navorsers ste... ver más

 
F J De Beer, V A Azov, D V Kama, F J F Jacobs     Pág. 117
Daar is sowat twintig proteïenogeniese aminosure wat natuurlik in biologiese wesens voorkom. Hierdie aminosure is die boublokke van proteïene. Proteïene is komplekse molekulêre masjiene wat ?n magdom funksies in die liggaam verrig. Inderdaad, sonder prot... ver más