ARTÍCULO
TITULO

Swartwattelbome: seën of vloek vir Suid- Afrika?

F.H. Smith    

Resumen

Daar is reeds baie geskryf oor uitheemse indringerplante, veral Acacia mearnsii De Wild, die swartwattelboom en die skade wat hierdie plante aan die plaaslike ekologie aanrig. In hierdie artikel word aandag gegee aan die ontstaan van die probleem, asook aan die inbring en verspreiding van swartwattelbome in die Republiek van Suid-Afrika (Suid-Afrika). Die probleme wat deur die onbeheerde verspreiding van wattelbome veroorsaak is, het die regering verplig om op te tree ten einde hierdie probleme te bekamp. Voor 1936 was daar aanvanklik geen formele beleid met betrekking tot die invoer, kweek en beheer van hierdie bome nie. Dit het daartoe gelei dat die regering in die wattelbedryf ingegryp het om ?n sekere mate van beheer te vestig en om probleme met betrekking tot uitheemse indringerplante in die algemeen ? en die swartwattelboom in die besonder ? die hoof te bied. Voorts sal daar ook gelet word op die rol van swartwattel in volhoubare ontwikkeling deur te fokus op die omgewings-/ekologiese probleem van impak op die biodiversiteit en die waterbronne en ook op die voordele wat dit het om woudherstel aan te help. Die artikel bespreek sosiale voordele wat die boom het vir inwoners van landelike gebiede as voorsiener in bou- en konstruksiemateriaal en vuurmaakhout, wat andersins uit die boomveld en/of inheemse woude verkry moet word. Die boom voorsien ook in die houtbehoeftes van die industrie in die vorm van byvoorbeeld pale, pulp en ekstrak. Laastens volg ?n bespreking van die Werk-vir-Water-program. AbatractBlack wattle trees: blessing or curse to South Africa Much has been written about alien invasive plants, especially Acacia mearnsii De Wild, the black wattle tree and the damage done by these plants to the local ecology. In this article cognisance is taken of how the problem was created, the introduction into and the distribution of black wattle trees in the Republic of South Africa (South Africa). Problems experienced by the uncontrolled spreading of wattle trees forced the government to act, as there was no formal policy before 1936 on the importation, cultivation and control thereof. This led to intervention by government in the wattle industry to establish some form of control and to address the problems related to alien invasive plants in general, and the black wattle tree in particular. Furthermore, cognisance will be taken of the role the black wattle plays in sustainable development by considering the environmental/ecological problem of its impact on bio-diversity and the water sources as well as the advantages it has in the process of forest recovery. Secondly notice will be taken of the social advantages the tree has for the inhabitants of rural areas as a provider of building and construction material and firewood, which would otherwise come from the woodlands and/or indigenous forests. The tree also provides in the timber requirements of industry in the form of for instance poles, pulp and extract. Lastly, the article explores the Work-for-Water Programme.

 Artículos similares

       
 
Y Schoeman, P J Oberholster     Pág. 132
Die besoedeling van beskikbare waterbronne is een van die grootste bedreigings vir volhoubare watervoorsiening in Suid-Afrika. Gepaardgaande uitdagings in omgewingsbestuur en antropogeniese impakte in die vorm van die bekendstelling van chemiese en kriti... ver más

 
J Rossouw     Pág. 2 - 11
Hierdie artikel toon aan dat die kontantfunksie van sentrale banke (spesifiek banknote) weinig aandag in die akademiese literatuur kry en dra dus by om hierdie leemte te vul. Banknootuitreiking kom teen ?n groot koste vir sentrale banke, maar banknote in... ver más

 
S Salifu, D Desai, S Kok, O Ogunbiyi, A Oketola, I Cipriano     Pág. 64 - 74
In ?n strewe om die koste van die produksie van elektriese energie drasties te verminder en die dringende behoefte om in die toenemende vraag na elektrisiteit te voorsien, word kragopwekkingstoompype aan verskillende stoomladingstoestande blootgestel. Di... ver más

 
B A Senekal     Pág. 106 - 114
Samewerking het oor die afgelope eeu in byna alle wetenskaplike velde toegeneem, met ?n merkbare versnelling oor die afgelope dekades. Die redes vir hierdie toename sluit in die inligtingsontploffing en die uitdaging wat dit aan individuele navorsers ste... ver más

 
F J De Beer, V A Azov, D V Kama, F J F Jacobs     Pág. 117
Daar is sowat twintig proteïenogeniese aminosure wat natuurlik in biologiese wesens voorkom. Hierdie aminosure is die boublokke van proteïene. Proteïene is komplekse molekulêre masjiene wat ?n magdom funksies in die liggaam verrig. Inderdaad, sonder prot... ver más