ARTÍCULO
TITULO

Die karst-ekologie van die Bakwenagrot (Gauteng)

Fran?ois Durand    
Antoinette Swart    
Werner Marais    
Candice Jansen van Rensburg    
Johan Habig    
Ansie Dippenaar-Schoeman    
Eddie Ueckermann    
Riana Jacobs    
Louis De Wet    
Louwrens Tiedt    
Eduard Venter    

Resumen

Die Bakwenagrot huisves ?n verskeidenheid organismes wat ?n ingewikkelde en verweefde voedselweb vorm. ?n Kolonie Natalse langvingervlermuise gebruik hierdie grot regdeur die jaar as blyplek. Die vlermuisguano en dooie plantmateriaal wat van buite in die grot inval, vorm die basis van die ekologie in die grot wat ook as ?n tipiese detritus-gedrewe ekostelsel beskryf kan word. Afbrekers soos bakterie? en swamme wat vir die afbraak van die guano en plantreste verantwoordelik is, word deur ?n verskeidenheid organismes, insluitend nematode en myte, as voedselbron benut. Hierdie organismes wat die volgende trofiese vlak vorm, word deur predatoriese artropode as voedselbron benut. Die Bakwenagrot is een van die weinige dolomietiese grotte in Suid-Afrika wat dit vir ?n mens moontlik maak om tot by die grondwatervlak te kom. Die grondwater huisves verskeie tipes organismes waaronder bakterie?, swamme en diere ? hoofsaaklik nematode en krustase?. Die Bakwenagrot is ook die hoofvindplek waar varswater-amfipode in Suider-Afrika gevind is. Hierdie besondere en sensitiewe ekostelsel is hoofsaaklik van guano van die vlermuiskolonie afhanklik. Die grasveld in die gebied rondom die grot, wat as voedingsarea vir die vlermuiskolonie dien, word tans deur voorstedelike ontwikkeling en die gevolglike habitatfragmentasie en -vernietiging bedreig. Indien die vlermuise die grot sou verlaat, sal dit ?n hele domino-effek van uitsterwing van die grotbewonende organismes tot gevolg h?.

 Artículos similares