ARTÍCULO
TITULO

?n Analise van die konsepte van toepassing op veranderingsbestuur vir die implementering van e-leerAn analysis of the concepts applicable to change management for e-learning implementation

Johan P Rossouw    
M C Matthee    
L Weilbach    

Resumen

?n Toenemende aantal skole in Suid-Afrika is besig om e-leer en verwante tegnologie in een of ander vorm in klaskamers te implementeer. Bestaande navorsing wys dat fi nansiële belegging in hierdie tipe implementerings in Suid-Afrika teen ?n eksponensiële koers styg. Navorsing wys ook dat sulke implementerings en die uitrol van inligtingkommunikasietegnologie (IKT) in skole met radikale verandering gepaardgaan. Alhoewel verskeie navorsers al navorsing gedoen het oor hierdie verandering in klaskamers, het die navorsing wat vir hierdie aanbieding gedoen is gewys dat vorige navorsing nie daarin kon slaag om ?n omvattende verwysingsraamwerk van bestaande veranderingsmodelle, -raamwerke en -teorieë daar te stel nie. Ten einde so ?n raamwerk te konstrueer, moet al die toepaslike modelle ontleed word in ?n poging om die konsepte wat van toepassing is te identifi seer. Die doel van hierdie universele model is om navorsers en skole in staat te stel om verandering en veranderingintervensies, wat gepaard gaan met die uitrol van e-leer in skole, optimaal te bestuur.

 Artículos similares

       
 
Y Schoeman, P J Oberholster     Pág. 132
Die besoedeling van beskikbare waterbronne is een van die grootste bedreigings vir volhoubare watervoorsiening in Suid-Afrika. Gepaardgaande uitdagings in omgewingsbestuur en antropogeniese impakte in die vorm van die bekendstelling van chemiese en kriti... ver más

 
J Rossouw     Pág. 2 - 11
Hierdie artikel toon aan dat die kontantfunksie van sentrale banke (spesifiek banknote) weinig aandag in die akademiese literatuur kry en dra dus by om hierdie leemte te vul. Banknootuitreiking kom teen ?n groot koste vir sentrale banke, maar banknote in... ver más

 
S Salifu, D Desai, S Kok, O Ogunbiyi, A Oketola, I Cipriano     Pág. 64 - 74
In ?n strewe om die koste van die produksie van elektriese energie drasties te verminder en die dringende behoefte om in die toenemende vraag na elektrisiteit te voorsien, word kragopwekkingstoompype aan verskillende stoomladingstoestande blootgestel. Di... ver más

 
B A Senekal     Pág. 106 - 114
Samewerking het oor die afgelope eeu in byna alle wetenskaplike velde toegeneem, met ?n merkbare versnelling oor die afgelope dekades. Die redes vir hierdie toename sluit in die inligtingsontploffing en die uitdaging wat dit aan individuele navorsers ste... ver más

 
F J De Beer, V A Azov, D V Kama, F J F Jacobs     Pág. 117
Daar is sowat twintig proteïenogeniese aminosure wat natuurlik in biologiese wesens voorkom. Hierdie aminosure is die boublokke van proteïene. Proteïene is komplekse molekulêre masjiene wat ?n magdom funksies in die liggaam verrig. Inderdaad, sonder prot... ver más