ARTÍCULO
TITULO

Verstuiwingsopbrengs van indium vanaf dunlagies gebombardeer met lae energie Ar+ ioonbundels

M J Madito    
J J Terblans    
H C Swart    
C B Mtshali    

Resumen

Edelgasioonverstuiwing gekombineer met Auger elektronspekstroskopie (AES) word algemeen gebruik vir die bepaling van die elementsamestelling van die diepteprofiele van die teikenmateriaal. Sulke  diepteprofielsamestellings is algemeen gebruik vir element samestellingsanalise asook vir bepaling van die verstuiwingsopbrengs van die teikenmateriaal. Ondanks ?n groot aantal publikasies oor verstuiwingsopbrengs, is daar slegs ?n klein aantal verslae in die literatuur oor die gemete verstuiwingsopbrengs van Indiumverbindings. In word gebruik vir die dotering van halfgeleiers in elektroniese toestelle (transistors) en dunlagies sonselle. Dit is noodsaaklik om betroubare verstuiwingsopbrengs vir die In metaal te hê, vir akkurate diepte inligting (vir In dunlagies) met Ar+-ioonprofielering. In hierdie studie word die Ar+-ioonverstuiwingsopbrengs vanaf In dunlagies gerapporteer vir ?n reeks lae ioonbundel energieë (0.5 ? 4.0 keV). Die In dunlagies (106 nm) is op ?n SiO2 substraat opgedamp in vakuum deur van elektronbundelopdamping gebruik te maak. Die dunlagies is met Ar+-ioonverstuiwing gekombineer met AES analise om die diepteprofielsamestelling te verkry, wat weer gebruik is om die verstuiwingsopbrengs te onttrek.  Die verstuiwingsopbrengswaardes is in die orde van 2 tot 6 atome per Ar+ ioon vir ?n Ar+ ioonbundel met ?n energie tussen 0.5 ? 4.0 keV onderskeidelik. Die Monte Carlo simulasie kode, ?Stopping and Range of Ions in Materials? (SRIM) is gebruik om die Ar+-ioonverstuiwing van die In dunlagie te simuleer en die verstuiwingsopbrengs te verkry. ?n Semi-empiriese formule wat ontwikkel is vir die voorspellings van verstuiwingsopbrengs is ook gebruik om die verstuiwingsopbrengs te bereken. Die verstuiwingsopbrengs verkry vanaf SRIM en die semi-empiriese formule vergelyk goed met die eksperimentele waardes.

 Artículos similares

       
 
Y Schoeman, P J Oberholster     Pág. 132
Die besoedeling van beskikbare waterbronne is een van die grootste bedreigings vir volhoubare watervoorsiening in Suid-Afrika. Gepaardgaande uitdagings in omgewingsbestuur en antropogeniese impakte in die vorm van die bekendstelling van chemiese en kriti... ver más

 
J Rossouw     Pág. 2 - 11
Hierdie artikel toon aan dat die kontantfunksie van sentrale banke (spesifiek banknote) weinig aandag in die akademiese literatuur kry en dra dus by om hierdie leemte te vul. Banknootuitreiking kom teen ?n groot koste vir sentrale banke, maar banknote in... ver más

 
S Salifu, D Desai, S Kok, O Ogunbiyi, A Oketola, I Cipriano     Pág. 64 - 74
In ?n strewe om die koste van die produksie van elektriese energie drasties te verminder en die dringende behoefte om in die toenemende vraag na elektrisiteit te voorsien, word kragopwekkingstoompype aan verskillende stoomladingstoestande blootgestel. Di... ver más

 
B A Senekal     Pág. 106 - 114
Samewerking het oor die afgelope eeu in byna alle wetenskaplike velde toegeneem, met ?n merkbare versnelling oor die afgelope dekades. Die redes vir hierdie toename sluit in die inligtingsontploffing en die uitdaging wat dit aan individuele navorsers ste... ver más

 
F J De Beer, V A Azov, D V Kama, F J F Jacobs     Pág. 117
Daar is sowat twintig proteïenogeniese aminosure wat natuurlik in biologiese wesens voorkom. Hierdie aminosure is die boublokke van proteïene. Proteïene is komplekse molekulêre masjiene wat ?n magdom funksies in die liggaam verrig. Inderdaad, sonder prot... ver más