ARTÍCULO
TITULO

Poligame Nylkrokodille (Crocodylus niloticus) op ? krokodilplaas: Vrugvliese vertel die storie

Johan Oliviette Nöthling    
Johan Antowan Nöthling    
Jan Gabriël Myburgh    
Cindy K Harper    

Resumen

Meer as een vaar in ?n krokodilbroeisel verhoog die effektiewe populasiegrootte en lei tot ?n stadiger verlies van genetiese variasie as gevolg van inteling en lukraak genetiese swerwing. Meer as een vaar kan ook die variasie met betrekking tot eienskappe wat van kommersiële belang is tussen krokodille uit dieselfde broeisel verklaar. Vrugvliese kan ?n nie-ingrypende bron van DNS verskaf waarmee die genotipe van Nylkrokodilbroeilinge (Crocodylus niloticus) bepaal kan word. Die doel van hierdie studie was om vas te stel hoe doeltreffend die genotipe van Nylkrokodilbroeilinge uit die vrugvliese wat in uitgebroeide eiers agterbly bepaal kan word en of ?n broeisel uit ?n kommunale teeldam op ?n kommersiële plaas meer as een vaar kan hê. Elf mikrosatellietloki is gebruik om die DNS-profiele van 4?6 (gemiddeld 4.4) vrugvliesmonsters (VVMe) van elk van 25 broeisels uit dieselfde teeldam op ?n kommersiële Nylkrokodilplaas te bepaal. DNS het op al 11 loki in 95 van die 110 individue vermeerder, op 1?10 loki in 13 en op geen lokus nie in twee. Drie tot 20 allele is per lokus gevind. Afsonderlike beoordeling van loki het getoon dat 13 broeisels minstens twee vaars gehad het. Met ?n multilokusprogram (Colony) is afgelei dat 19 broeisels minstens twee vaars gehad het, en dat poliandrie en poliginie algemeen was. Verdere navorsing is nodig om die nuttigheid van vrugvliese as ?n bron van DNS vir nesse uit die natuur te bepaal en om, deur meer VVMe per broeisel te gebruik, die mate van poliandrie en poliginie op Nylkrokodilplase en in die natuur meer presies te bepaal. 

Palabras claves

 Artículos similares

       
 
Y Schoeman, P J Oberholster     Pág. 132
Die besoedeling van beskikbare waterbronne is een van die grootste bedreigings vir volhoubare watervoorsiening in Suid-Afrika. Gepaardgaande uitdagings in omgewingsbestuur en antropogeniese impakte in die vorm van die bekendstelling van chemiese en kriti... ver más

 
J Rossouw     Pág. 2 - 11
Hierdie artikel toon aan dat die kontantfunksie van sentrale banke (spesifiek banknote) weinig aandag in die akademiese literatuur kry en dra dus by om hierdie leemte te vul. Banknootuitreiking kom teen ?n groot koste vir sentrale banke, maar banknote in... ver más

 
S Salifu, D Desai, S Kok, O Ogunbiyi, A Oketola, I Cipriano     Pág. 64 - 74
In ?n strewe om die koste van die produksie van elektriese energie drasties te verminder en die dringende behoefte om in die toenemende vraag na elektrisiteit te voorsien, word kragopwekkingstoompype aan verskillende stoomladingstoestande blootgestel. Di... ver más

 
B A Senekal     Pág. 106 - 114
Samewerking het oor die afgelope eeu in byna alle wetenskaplike velde toegeneem, met ?n merkbare versnelling oor die afgelope dekades. Die redes vir hierdie toename sluit in die inligtingsontploffing en die uitdaging wat dit aan individuele navorsers ste... ver más

 
F J De Beer, V A Azov, D V Kama, F J F Jacobs     Pág. 117
Daar is sowat twintig proteïenogeniese aminosure wat natuurlik in biologiese wesens voorkom. Hierdie aminosure is die boublokke van proteïene. Proteïene is komplekse molekulêre masjiene wat ?n magdom funksies in die liggaam verrig. Inderdaad, sonder prot... ver más