ARTÍCULO
TITULO

Vervaardiging van fluoorgas vir laboratoriumgebruik: Proses-ontwerp en -bedryf

E Oosthuizen    
G J Puts    
P L Crouse    

Resumen

?n Proses vir die kleinskaalse laboratoriumvervaardiging van fluoorgas met CaF2 as die invoer-reagens is ontwerp en in bedryf gestel. Die eerste stap maak gebruik van ?n lotreaktor wat CaF2 na anhidriese HF omskakel deur reaksie met anhidriese swawelsuur. Die vervaardigde HF word gestoor in ?n oordragsvat en dan na ?n Pauling-tipe fluoorsel, wat vooraf met KF·HF gelaai is, oorgedra. Die elektroliet, KF·2HF, wat by die bedryfstemperatuur van die sel in die vloeistoffase is, word in-situ gevorm. Waterstoffluoried (HF), op sigself, is ?n swak suur en is nie elektries geleidend genoeg vir elektroliese nie. Die gebrekkige elektriese geleidingsvermoë van HF word omseil deur gebruik te maak van KF·2HF as elektroliet. KF·2HF dissosieer na die ione K+ en F2H- in HF, in die vloeistoffase en gelei eletrisiteit genoegsaam om as elektroliet op te tree. Die HF lotreaktor toon ?n omskakelingsrendement van 70 %. Die fluoorsel het ?n waarneembare bo-potensiaal van 2.7 V en die voltammetriese kromme toon die verwagte elektriese gedrag.

 Artículos similares