ARTÍCULO
TITULO

Plasmategnologie: ?n Kort oorsig oor die ontstaan, teorie en ?n aantal toepassings daarvan

Arnold A Jansen    
Izak J Van der Walt    
Philippus L Crouse    

Resumen

Daar word na plasmas as die vierde toestand van materie verwys. In die natuur manifesteer plasmas as korona-ontladings, weerlig, aurora borealis en in sterre soos die son. Plasmas kan ook opgewek word met elektriese boogontladings, radiofrekwensie-induksie, mikrogolwe, diëlektriese ontladings en lasers. Die ontstaansgeskiedenis van mensgemaakte plasmas en meegaande elektrotegnologie sedert die middel van die 17de eeu word in hierdie oorsigartikel opgesom. Die plasmatoestand word bespreek aan die hand van ?n algemene beskrywing en die fisiese eienskappe van ?n paar algemeen-gebruikte plasmagasse word ingesluit. ?n  Aantal verskillende tipes plasmas en toepassings word kortliks bespreek, met die klem op termiese plasmas.Suid-Afrikaanse navorsing en ontwikkeling op die gebied van plasmategnologie, hoofsaaklik by Mintek, internasionaal bekend op die gebied van pirometallurgie, en Necsa, word bespreek. `n Kort oorsig van die Suid-Afrikaanse pirometallurgiese bedryf word ingesluit.Spesiale fokus word geplaas op termiese afvalprosessering en plasmagesteunde vergassing word met konvensionele prosesse vergelyk. Plasmagesteunde vergassing vir energieproduksie word in meer besonderhede bespreek. Laastens word ?n blik gegee op die huidige internasionale  plasmategnologieverskaffers.

 Artículos similares

       
 
F J De Beer, V A Azov, D V Kama, F J F Jacobs     Pág. 117
Daar is sowat twintig proteïenogeniese aminosure wat natuurlik in biologiese wesens voorkom. Hierdie aminosure is die boublokke van proteïene. Proteïene is komplekse molekulêre masjiene wat ?n magdom funksies in die liggaam verrig. Inderdaad, sonder prot... ver más

 
R S Mohlamonyane, E R Sadiku, S S Ray     Pág. 58 - 63
Rubber word in verskillende omgewingstoestande gebruik. Omdat hulle intrinsiek hoogs elasties is maar oor relatief lae sterkte beskik, kan rubber nie sommige van die spannings wat daarop uitgeoefen word, doeltreffend weerstaan nie. Ten einde die elektrie... ver más

 
S du Preez, J du Plessis, J Fourie, W du Preez, D de Beer     Pág. 92 - 105
Die doel van hierdie literatuurstudie was om ?n breë oorsig van laagvervaardiging in Suid-Afrika en die beroepsgesondheid risiko?s wat geassosieer word met laagvervaardiging te voorsien. Laagvervaardiging is die proses waar materiale laag-vir-laag neerge... ver más

 
S Salifu, D Desai, S Kok, O Ogunbiyi, A Oketola, I Cipriano     Pág. 64 - 74
In ?n strewe om die koste van die produksie van elektriese energie drasties te verminder en die dringende behoefte om in die toenemende vraag na elektrisiteit te voorsien, word kragopwekkingstoompype aan verskillende stoomladingstoestande blootgestel. Di... ver más

 
L Liebenberg, M Schutte-Smith, H G Visser     Pág. 126
Kanker is een van die grootste oorsake van sterftes in die wêreld. Volgens CA: A Cancer Journal for Clinicians is daar in 2020 wêreldwyd sowat 19,3 miljoen nuwe kankergevalle en 10 miljoen sterftes as gevolg van kanker aangemeld. ?n Kankerdiagnose het ?n... ver más