ARTÍCULO
TITULO

Bepaling van grondwaterpotensiaal deur gebruik te maak van Geografiese Inligtingstelsels en afstandwaarnemingstegnieke in Moses Kotane Plaaslike Munisipaliteit, Noordwesprovinsie, Suid-Afrika

M O Ndou    
J M Ndambuki    
J T Mgidi    

Resumen

Die volhoubare voorsiening van water in voldoende hoeveelhede is fundamenteel vir die ekonomiese groei van enige land. In Suid-Afrika vereis die bedryf van al die groot ekonomiese sektore beduidende hoeveelhede water. Suid-Afrika ervaar egter steeds watertekorte, wat vererger word deur ?n lae gemiddelde jaarlikse neerslag wat laer as die wêreld se jaarlikse gemiddelde is. Grondwater bied ?n geleentheid om wateruitdagings te verlig, maar die volhoubaarheid daarvan word belemmer deur ontoereikende grondwaterhulpbronbeplanning en -bestuur. In hierdie studie is Geografiese Inligtingstelsels en afstandswaarnemingstegnieke gebruik om grondwaterpotensiaalsones in die Moses Kotane Plaaslike Munisipaliteit in Suid-Afrika af te baken. Sewe temas van afstandswaargeneemde parameters wat die beskikbaarheid van grondwater beïnvloed, is ontwikkel en gewigte is daaraan toegewys deur gebruik te maak van die analitiese hiërargieproses (AHP) voordat oorlegging daarvan in ArcGIS 10.3.1-sagteware gedoen is om sones van grondwaterpotensiaal te skep. Die finale grondwaterpotensiaalkaart is geproduseer deur gebruik te maak van die geweegd oorleggingsontleding. Vyf grondwaterpotensiaalsones is geproduseer, naamlik baie laag, laag, matig, hoog en baie hoog. Die oppervlakte wat deur hierdie sones gedek is, beslaan onderskeidelik 1 291,6 km2, 1 228 km2, 1 081 km2, 853,04 km2 en 1 235,05 km2. Die grondwaterpotensiaalkaart wat geproduseer is, is geverifieer deur gebruik te maak van boorgatvloeitempo?s wat in die veld bepaal is. Die voorspellingsakkuraatheid van  die kaart was ongeveer 70%. Die resultate kan vir verdere grondwatereksplorasie in die studiegebied gebruik word en kan ?n basis vorm vir kostedoeltreffende grondwaterhulpbronbeplanning en -bestuur. Die studie moet op ?n breër skaal beproef word om waterhulpbronbeplanners te help om volhoubare grondwaterstrategieë vir semi-ariede streke te ontwikkel.

Palabras claves

 Artículos similares