ARTÍCULO
TITULO

Die verband tussen wetenskap en tegnologie: ?n Tegnologie-onderwysperspektief

Willem J. Rauscher    

Resumen

Die aankondiging deur die Suid-Afrikaanse Minister van Basiese Onderwys dat Natuurwetenskappe en Tegnologie voortaan in die Intermedi?re Fase gekombineer gaan word, skep verskeie uitdagings wanneer dit kom by die uitvoering van hierdie aankondiging. Die vraag oor wie vir die onderrig van hierdie nuwe gekombineerde vak, Natuurwetenskap en Tegnologie, verantwoordelik gaan wees, is problematies. Uit die nuwe Curriculum and Assessment Policy Statement [Kurrikulum- en Assesseringsbeleidverklaring] (CAPS, Department of Basic Education 2011) wil dit voorkom asof wetenskaponderwysers daarvoor verantwoordelik sal wees om Natuurwetenskap en Tegnologie in die Intermedi?re Fase te onderrig. Die meeste wetenskaponderwysers in Suid-Afrika beskik egter oor gebrekkige opleiding in tegnologie-onderwys en het dus nie ?n grondige begrip van die aard van tegnologie of die onderlinge verband met wetenskap nie. Dit kan rampspoedige gevolge vir tegnologieonderwys inhou, want dit kan byvoorbeeld bepaal hoe hierdie vak onderrig en hoe die inhoud geprioritiseer word. Op sy beurt kan dit weer die persepsie ondersteun dat tegnologie ?n vorm van toegepaste wetenskap, dus ondergeskik aan wetenskap is, en uiteindelik sy status as skoolvak teenoor wetenskap verloor. Die doel van hierdie artikel is om ?n oorsig te gee van die literatuur oor die verband tussen wetenskap en tegnologie en om die mite dat tegnologie toegepaste wetenskap is, die nek in te slaan. Daar word gehoop dat hierdie artikel die aandag daarop sal vestig dat tegnologie-onderwys tot ?n derderangse vak afgewater sal word indien die persone wat vir die onderrig daarvan verantwoordelik is nie ten minste deeglik verstaan wat die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie is nie.The relationship between science and technology: A technology education perspective. The South African Minister of Basic Education?s announcement that Natural Sciences and Technology should be combined in the Intermediate Phase can pose various challenges when it comes to the execution stage. The question as to who will be responsible for teaching this new combined subject, called Natural Sciences and Technology, is problematic. The Curriculum and Assessment Policy Statement (CAPS, Department of Basic Education 2011) seems to suggest that Science teachers will be responsible for the teaching of Natural Sciences and Technology in the Intermediate Phase. Most science teachers in South Africa however, have had inadequate training in Technology education and, therefore, do not have a sound understanding of the nature of Technology or its inter-connectedness with Science. This can have disastrous consequences for Technology education. It can, for example, determine how this subject will be taught and how content is prioritised. This in turn, can perpetuate the perception that Technology is a form of applied science and therefore, inferior to Science, which will lead to Technology losing its status as a school subject in relation to Science as a school subject. The purpose of this article is to provide an overview of the literature on the relationship between science and technology and to debunk the myth that technology is applied science. It is hoped that this article will draw attention to the danger of Technology education being diluted to a lesser subject if the persons responsible for the teaching of this combined subject do not at least have a proper understanding of the relationship that exists between science and technology.

 Artículos similares

       
 
Angelique Kritzinger, M Potgieier, J Lemmens     Pág. 127
Hoëronderwys kom wêreldwyd voor die uitdaging van hoë uitvalsyfers te staan, wat veral ontstellend is as dit met lae deelname verband hou, soos in Suid-Afrika die geval is. Die gebruik van leeranalise om hierdie uitdaging aan te spreek, het internas... ver más

 
Jacobus N Eloff     Pág. 16 - 19
Met die langer lewensverwagting en verandering van pensioenskemas van maatskappye die afgelope paar jaar word dit al hoe belangriker vir salaristrekkers en pensioenarisse om self verantwoordelikheid te neem vir hulle fi nansiële beplanning voor... ver más

 
Estelle Gaigher     Pág. 8 bladsye
Hoewel daar heelwat internasionale navorsing gepubliseer is oor leerlinge se wanopvattings oor elektrisiteit, is daar weinig studies gedoen oor onderwysers se bewustheid van hierdie wanopvattings. Hierdie artikel doen verslag oor ?n gevallestudie om... ver más

 
Elza Venter     Pág. 7 bladsye
Generasie Y-leerders is jongmense wat ongeveer tussen 1977 en 2000 gebore is. Hierdie leerders het voor skerms grootgeword, ongeag of dit televisie-, rekenaar- of selfoonskerms was. Hulle is gebore in ?n samelewing waar inligting, opvoeding en verma... ver más

 
Surette van Staden     Pág. 7 bladsye
Die effek van voeding op leerderprestasie was al die onderwerp van menige studie. Bewyse wat die oorsaaklike verhouding tussen voeding en prestasie staaf, bestaan egter nie. Op nasionale vlak bel? die Departement van Basiese Onderwys tyd, moeite e... ver más