ARTÍCULO
TITULO

Universele metodiek vir die sintese van flavonoïede en benso[b]furaneUniversal methodology for the synthesis of flavonoids and benzo[b]furans

M Visser    
T Pieterse    
L Twigge    
C Marais    
B C B Bezuidenhoudt    

Resumen

Sedert die ontdekking van olefienmetatese in die 1950?s vervul dit ?n onontbeerlike rol in sintetiese organiese chemie. Hierdie ontdekking het innoverende vooruitgang in chemiese biologie, medisinale chemie en materiaalwetenskappe tot gevolg gehad (Hoveyda & Zhugralin 2007). Flavonoïede en benso[b]furane, wat slegs in klein hoeveelhede in die natuur voorkom, is bekend vir verskeie biologiese eienskappe (Kumar & Pandey 2013), insluitend anti-malaria- (Dos Santos et al. 2009), antibakteriese, antikankeren antidepressant-aktiwiteite (Fan et al. 2012). Alhoewel baie studies fokus op die uitwerking van biologies aktiewe verbindings tot moontlike menslike voordeel, word die isolasie van aktiewe verbindings vanuit plante gekenmerk deur die omslagtige skeiding van ekstrakte en lae opbrengste. Die ontdekking en ontwikkeling van metatese tot ?n praktiese sintetiese hulpmiddel het nie net die sintese van verskeie nuwe verbindings moontlik gemaak nie, maar ook tot verbeterde metodologie vir die bereiding van verskeie molekules gelei. Verskeie flavonoïede en benso[b]furane bevat ?n dubbelbinding in die heterosikliese ring en hierdie verbindings is dus ideale substrate vir metatese gebaseerde sintese. Ringsluitingsmetatese (RSM) is voorheen in die sintese van ongesubstitueerde chromene (Van Otterlo et al. 2003, 2005) en bensofurane (Tsai et al. 2004) gedemonstreer en is dus in hierdie navorsing as sleutelreaksie in die sintese van die basiese skelette van alle flavonoïed- (1) [flavonoïede, isoflavonoïede en neoflavonoïede] en benso[b]furaansubklasse (2) [2-arielbenso[b]furane, 3-arielbenso[b]furane en 2,3 diarielbenso[b]furane] geïdentifiseer.

 Artículos similares

       
 
Y Schoeman, P J Oberholster     Pág. 132
Die besoedeling van beskikbare waterbronne is een van die grootste bedreigings vir volhoubare watervoorsiening in Suid-Afrika. Gepaardgaande uitdagings in omgewingsbestuur en antropogeniese impakte in die vorm van die bekendstelling van chemiese en kriti... ver más

 
J Rossouw     Pág. 2 - 11
Hierdie artikel toon aan dat die kontantfunksie van sentrale banke (spesifiek banknote) weinig aandag in die akademiese literatuur kry en dra dus by om hierdie leemte te vul. Banknootuitreiking kom teen ?n groot koste vir sentrale banke, maar banknote in... ver más

 
S Salifu, D Desai, S Kok, O Ogunbiyi, A Oketola, I Cipriano     Pág. 64 - 74
In ?n strewe om die koste van die produksie van elektriese energie drasties te verminder en die dringende behoefte om in die toenemende vraag na elektrisiteit te voorsien, word kragopwekkingstoompype aan verskillende stoomladingstoestande blootgestel. Di... ver más

 
B A Senekal     Pág. 106 - 114
Samewerking het oor die afgelope eeu in byna alle wetenskaplike velde toegeneem, met ?n merkbare versnelling oor die afgelope dekades. Die redes vir hierdie toename sluit in die inligtingsontploffing en die uitdaging wat dit aan individuele navorsers ste... ver más

 
F J De Beer, V A Azov, D V Kama, F J F Jacobs     Pág. 117
Daar is sowat twintig proteïenogeniese aminosure wat natuurlik in biologiese wesens voorkom. Hierdie aminosure is die boublokke van proteïene. Proteïene is komplekse molekulêre masjiene wat ?n magdom funksies in die liggaam verrig. Inderdaad, sonder prot... ver más