Redirigiendo al acceso original de articulo en 15 segundos...
ARTÍCULO
TITULO

?n Eenvoudige instrument kan gebruik word om finansies na aftrede op ?n rasionele basis te bestuur

Jacobus N Eloff    

Resumen

Met die langer lewensverwagting en verandering van pensioenskemas van maatskappye die afgelope paar jaar word dit al hoe belangriker vir salaristrekkers en pensioenarisse om self verantwoordelikheid te neem vir hulle fi nansiële beplanning voor en na aftrede. Sewe faktore speel ?n rol in die bestuur van pensioenfondse. Die eerste is hoeveel geld beskikbaar is om te belê . Die tweede is hoeveel geld jaarliks benodig word. Die derde is die opbrengs wat jaarliks op die belegging verdien word en die vierde, wat hiermee verband hou, is die jaarlikse infl asiekoers. Die laaste drie faktore is die huidige ouderdom, die voorsiene sterfdatum en laastens hoe lank die geld gaan hou voor dit op is. Deur faktore te kombineer bv die reële groei, die persentasie van fondse wat onttrek word, is die saak vereenvoudig. Die tyd hoe lank die fondse sou hou voor dit uitgeput is onder verskillende scenarios is bereken. ?n Eenvoudige grafi ek is opgestel waardeur verskeie vrae betreklik maklik beantwoord kan word. Dit sluit vrae in soos hoeveel geld belê moet word om gemaklike aftrede te verseker. Hoe lank die geld gaan hou onder verskillende scenarios. Wat die groeikoers moet wees om te verseker dat my beleggings hou tot ek sterwe. Alhoewel daar nog steeds onsekerhede is, sal hierdie instrument pensionarisse help om goeie besluite te neem oor die rasionele bestuur van aftreefi nansies en kan aanpassings op korter termyn gemaak word.

 Artículos similares

       
 
Y Schoeman, P J Oberholster     Pág. 132
Die besoedeling van beskikbare waterbronne is een van die grootste bedreigings vir volhoubare watervoorsiening in Suid-Afrika. Gepaardgaande uitdagings in omgewingsbestuur en antropogeniese impakte in die vorm van die bekendstelling van chemiese en kriti... ver más

 
J Rossouw     Pág. 2 - 11
Hierdie artikel toon aan dat die kontantfunksie van sentrale banke (spesifiek banknote) weinig aandag in die akademiese literatuur kry en dra dus by om hierdie leemte te vul. Banknootuitreiking kom teen ?n groot koste vir sentrale banke, maar banknote in... ver más

 
S Salifu, D Desai, S Kok, O Ogunbiyi, A Oketola, I Cipriano     Pág. 64 - 74
In ?n strewe om die koste van die produksie van elektriese energie drasties te verminder en die dringende behoefte om in die toenemende vraag na elektrisiteit te voorsien, word kragopwekkingstoompype aan verskillende stoomladingstoestande blootgestel. Di... ver más

 
B A Senekal     Pág. 106 - 114
Samewerking het oor die afgelope eeu in byna alle wetenskaplike velde toegeneem, met ?n merkbare versnelling oor die afgelope dekades. Die redes vir hierdie toename sluit in die inligtingsontploffing en die uitdaging wat dit aan individuele navorsers ste... ver más

 
F J De Beer, V A Azov, D V Kama, F J F Jacobs     Pág. 117
Daar is sowat twintig proteïenogeniese aminosure wat natuurlik in biologiese wesens voorkom. Hierdie aminosure is die boublokke van proteïene. Proteïene is komplekse molekulêre masjiene wat ?n magdom funksies in die liggaam verrig. Inderdaad, sonder prot... ver más