Redirigiendo al acceso original de articulo en 24 segundos...
ARTÍCULO
TITULO

Oorsig van faseveranderingsmateriaal vir sub-zero temperatuurtoepassings in verkoelingsvervoerReview on phase change materials for sub-zero temperature application in transport refrigeration

Casey Ndanduleni    
Zhongjie Huan    

Resumen

Hierdie artikel bied ?n oorsig van die tradisionele gebruik van faseveranderingsmateriaal (FVM) in verkoelingsvervoer. Die meerderheid faseveranderingsmateriale in bouwerk en konstruksie word vir ruimtelike verwarming en verkoeling, kweekhuis-verhitting, kook met sonkrag, en die berging van son-energie vir waterverhitting gebruik. Daar is egter ?n merkbare afwesigheid van literatuur oor die aanwending van faseveranderingsmateriaal vir gebruik om bevrore voedselprodukte te bewaar. Hierdie oorsig fokus op latente hittebewarings (LHB) materiale se gebruik in padvervoer by ?n lae temperatuur (sub-zero), en van die voordele vir die verkoeling van bederfbare voedsel oor kort- en lang-afstande. Die voordele van die gebruik van latente hitte-bewaringsmateriaal, eerder as ?n konvensionele meganiese verdampings-kompressiesisteem, word ondersoek met die klem op die omgewingsimpak en moontlike langtermyn nadele. Die studie fokus ook op die noodsaaklikheid om nuwe faseveranderingsmateriaal met hoë termiese siklusse en minimale  degradering te ondersoek, ten einde die suksesvolle gebruik in verkoelingsvervoer oor die  langtermyn te verseker. Kriteria vir die seleksie van toepaslike faseveranderingsmateriaal word opgesom, en ?n klassifikasie van faseveranderingsmateriaal, gebaseer op smelttemperature en latente warmte, word getabuleer. Faseveranderingsmateriaal en die oordrageienskappe daarvan is ontleed ten einde die eienskappe van faseveranderingsmateriaal op te som, en die akkuraatheid van elke navorsingstegniek word beoordeel op grond van soortgelyke studies wat deur ander navorsers publiseer is. Die faseveranderingsmateriaal wat in verkoelingsvervoer gebruik word, is empiries ontleed, en termiese-fisiese kriteria wat noodsaaklik is vir verskillende toepassings is ook onder die vergrootglas geplaas.

 Artículos similares

       
 
Y Schoeman, P J Oberholster     Pág. 132
Die besoedeling van beskikbare waterbronne is een van die grootste bedreigings vir volhoubare watervoorsiening in Suid-Afrika. Gepaardgaande uitdagings in omgewingsbestuur en antropogeniese impakte in die vorm van die bekendstelling van chemiese en kriti... ver más

 
J Rossouw     Pág. 2 - 11
Hierdie artikel toon aan dat die kontantfunksie van sentrale banke (spesifiek banknote) weinig aandag in die akademiese literatuur kry en dra dus by om hierdie leemte te vul. Banknootuitreiking kom teen ?n groot koste vir sentrale banke, maar banknote in... ver más

 
S Salifu, D Desai, S Kok, O Ogunbiyi, A Oketola, I Cipriano     Pág. 64 - 74
In ?n strewe om die koste van die produksie van elektriese energie drasties te verminder en die dringende behoefte om in die toenemende vraag na elektrisiteit te voorsien, word kragopwekkingstoompype aan verskillende stoomladingstoestande blootgestel. Di... ver más

 
B A Senekal     Pág. 106 - 114
Samewerking het oor die afgelope eeu in byna alle wetenskaplike velde toegeneem, met ?n merkbare versnelling oor die afgelope dekades. Die redes vir hierdie toename sluit in die inligtingsontploffing en die uitdaging wat dit aan individuele navorsers ste... ver más

 
F J De Beer, V A Azov, D V Kama, F J F Jacobs     Pág. 117
Daar is sowat twintig proteïenogeniese aminosure wat natuurlik in biologiese wesens voorkom. Hierdie aminosure is die boublokke van proteïene. Proteïene is komplekse molekulêre masjiene wat ?n magdom funksies in die liggaam verrig. Inderdaad, sonder prot... ver más