Redirigiendo al acceso original de articulo en 17 segundos...
ARTÍCULO
TITULO

Lewenswetenskappe en indiensneembaarheid

Wynand J. Boshoff    
William J. Fraser    

Resumen

Hierdie artikel handel oor landelike werkloosheid. Suid-Afrika ly tegelykertyd onder ?n vaardigheidstekort en ?n ho? werkloosheidsyfer. In landelike gebiede is die probleem selfs groter as in metropole. Die institusionele werklikheid van onderrig is dat elke klein dorpie oor ?n ho?rskool beskik, wat prim?r poog om leerders vir verdere studie voor te berei, terwyl Verdere Onderwys en Opleiding (VOO) kolleges (voorheen tegniese kolleges) slegs in groter sentra gekonsentreer is. Gegewe hierdie werklikheid, is die vraag wat ho?rskole kan doen om die probleem te verlig. Dit is opmerklik dat landelike werkgewers nie van skoolverlaters verwag om oor toepaslike kennis te beskik nie, maar wel oor die vermo? en bepaalde persoonlikheidseienskappe wat hulle opleibaar sal maak. Selfs d?t vind hulle nie altyd by jong mense wat hul skoolloopbaan suksesvol voltooi nie. Onderwysers, ook van ?n teoretiese vak soos lewenswetenskappe, kan ?n bydrae lewer deur enkele nietradisionele insigte by die onderwyspraktyk in te lyf.

 Artículos similares

       
 
J Rossouw     Pág. 2 - 11
Hierdie artikel toon aan dat die kontantfunksie van sentrale banke (spesifiek banknote) weinig aandag in die akademiese literatuur kry en dra dus by om hierdie leemte te vul. Banknootuitreiking kom teen ?n groot koste vir sentrale banke, maar banknote in... ver más

 
R S Mohlamonyane, E R Sadiku, S S Ray     Pág. 58 - 63
Rubber word in verskillende omgewingstoestande gebruik. Omdat hulle intrinsiek hoogs elasties is maar oor relatief lae sterkte beskik, kan rubber nie sommige van die spannings wat daarop uitgeoefen word, doeltreffend weerstaan nie. Ten einde die elektrie... ver más

 
J F Murray, G van der Horst, M Allsopp, R Kotze     Pág. 128
Apis mellifera-spesies (heuningbye) is noodsaaklike bestuiwers van gewasse. Voortplantingsukses, afhanklik van spermkwaliteit (bepaal deur strukturele en funksionele eienskappe), is dus belangrik vir hul voortbestaan. Literatuur oor die spermgehalte van ... ver más

 
H Hattingh, G S Cornelius, N S Jacobs     Pág. 123
Ongeveer ?n derde (33,14%) van die Suid-Afrikaanse bevolking bevind hulself tans in landelike nedersettings. Landelike nedersettings in Suid-Afrika is berug vir armoede en onderontwikkeling, wat die noodsaaklikheid van ?n hernude fokus op die ontwikkelin... ver más

 
D A Linde, C J L du Toit, E van Marle-Köster     Pág. 127
Herkouerdiere is afhanklik van die mikro-organismes in die rumen om stysel en vesel deur fermentasie af te breek tot vlugtige vetsure wat vir energie gebruik kan word. Die konsentrasie en verhouding van die vlugtige vetsure sowel as ander fermentasieprod... ver más