Redirigiendo al acceso original de articulo en 21 segundos...
ARTÍCULO
TITULO

Die toets van ekstrakte uit Sutherlandia frutescens (Fabaceae) op Mycobacterium smegmatis in die behandeling van tuberkulose

Itumeleng H. Mabusa    
Rachmond Howard    
Peter Masoko    

Resumen

Sutherlandia frutescens (L) R. Br. bevat verskeie essensiële bioaktiewe verbindings met farmakologiese aktiwiteit waarvoor daar kliniese bewyse bestaan. Sutherlandia word vir mense met tuberkulose voorgeskryf, maar niemand weet nog watter verbindings in hierdie plant Mycobacterium tuberculosis en die werking daarvan teenwerk nie. Hierdie studie het ten doel om te bepaal of S. frutescens antimikobakteriese verbindings bevat. Bogrondse dele van S. frutescens is gedroog, gemaal en met etanol:metanol [1:1] (vol./vol.) en water onttrek. Die chemiese profiel is bepaal deur hoëverrigting vloeistofchromatografie-massaspektrometrie en dunlaag-chromatografie te gebruik. Die dunlaagchromatografie is in butanol:asynsuur:water (BAW) [21:6:3], chloroform:metanol:water:mieresuur (CMWM1) [60:15:2:1] en CMWM2 [21:9:1:0.3] ontwikkel. Die kwalitatiewe anti-oksidant-aktiwiteit is bepaal deur 2.2 difeniel-2-pikrielhidrasiel (DFPH) te gebruik. Die antimikobakteriese aktiwiteit van die plantekstrakte is bepaal deur mikro-verdunning en bio-outografiese metodes teen Mycobacterium smeagmatis te gebruik. Ons het lae antimikobakteriese aktiwiteit teen M. smegmatis in die bio-outogramme waargeneem. Die profiele van die hoëverrigting vloeistofchromatograpfie-massaspektrometrie het meer verbindings in die etanolekstrakte as in die waterekstrakte aangedui. Die gemiddelde waardes vir minimum inhibeerderkonsentrasie vir al die ekstrakte was 0.61 mg/mL. Die DCM:MeOH (1:1) ekstrak het die laagste minimum inhibeerderkonsentrasie-waarde, naamlik 0.28 mg/mL gehad. Die resultate het getoon dat die plant verder vir moontlike antimikobakteriese agente ondersoek kan word. Lae aktiwiteit is waargeneem, waarskynlik as gevolg van stadig vermeerderende bacilli en nie-vermeerderende organismes. Die studie bied voorlopige wetenskaplike ondersteuning vir die tradisionele medisinale gebruik van hierdie plant. Navorsing korrelasie: Hierdie artikel is die vertaalde weergawe en is beskikbaar gestel om ?n breër lesersgroep te bereik. Die oorspronklike Engelse artikel is beskikbaar hier: https://doi.org/10.4102/satnt.v36i1.1486

 Artículos similares

       
 
Y Schoeman, P J Oberholster     Pág. 132
Die besoedeling van beskikbare waterbronne is een van die grootste bedreigings vir volhoubare watervoorsiening in Suid-Afrika. Gepaardgaande uitdagings in omgewingsbestuur en antropogeniese impakte in die vorm van die bekendstelling van chemiese en kriti... ver más

 
J Rossouw     Pág. 2 - 11
Hierdie artikel toon aan dat die kontantfunksie van sentrale banke (spesifiek banknote) weinig aandag in die akademiese literatuur kry en dra dus by om hierdie leemte te vul. Banknootuitreiking kom teen ?n groot koste vir sentrale banke, maar banknote in... ver más

 
S Salifu, D Desai, S Kok, O Ogunbiyi, A Oketola, I Cipriano     Pág. 64 - 74
In ?n strewe om die koste van die produksie van elektriese energie drasties te verminder en die dringende behoefte om in die toenemende vraag na elektrisiteit te voorsien, word kragopwekkingstoompype aan verskillende stoomladingstoestande blootgestel. Di... ver más

 
B A Senekal     Pág. 106 - 114
Samewerking het oor die afgelope eeu in byna alle wetenskaplike velde toegeneem, met ?n merkbare versnelling oor die afgelope dekades. Die redes vir hierdie toename sluit in die inligtingsontploffing en die uitdaging wat dit aan individuele navorsers ste... ver más

 
F J De Beer, V A Azov, D V Kama, F J F Jacobs     Pág. 117
Daar is sowat twintig proteïenogeniese aminosure wat natuurlik in biologiese wesens voorkom. Hierdie aminosure is die boublokke van proteïene. Proteïene is komplekse molekulêre masjiene wat ?n magdom funksies in die liggaam verrig. Inderdaad, sonder prot... ver más