Redirigiendo al acceso original de articulo en 17 segundos...
ARTÍCULO
TITULO

Instagram volksonomie as komplekse netwerke

Burgert A Senekal    

Resumen

Sosiale media is deel van die inligtingsontploffing en verteenwoordig groot hoeveelhede ongestruktureerde data wat deurlopend gegenereer word. Een van die maniere hoe hierdie inligting vir latere herwinning ontsluit word, is deur hutsmerke wat gebruikers self aan hul inhoud toeken. Die gebruik om self materiaal te ontsluit staan as volksonomie bekend, wat die onderwerp van hierdie studie is.Die huidige studie ontleed die hutsmerknetwerke van 20 Suid-Afrikaanse maatskappye op Instagram. ?n Hutsmerk- of volksonomienetwerk word saamgestel deur hutsmerke as nodusse voor te stel en ?n skakel tussen hutsmerke aan te dui indien hulle in dieselfde plasing voorkom. Komplekse netwerkstatistieke word vir hierdie netwerke bereken, insluitend die gemiddelde digtheid, gemiddelde pad en gemiddelde oorganklikheid van hierdie netwerke, en hulle word met mekaar vergelyk. Daar word aangetoon dat hierdie netwerke oorwegend kleinwêreldnetwerke is wat gekenmerk word deur ?n kort gemiddelde pad wat soortgelyk is aan ?n Erdös en Rényi lukrake netwerk (ER- netwerk), maar dat oorganklikheid aansienlik hoër is as vir ekwivalente ER-netwerke. Daar word ook aangetoon dat vir 90% van hierdie netwerke, kleinwêreldsheid (S) > 3 is, wat beteken dat hierdie netwerke ook kleinwêreldnetwerke is volgens die kleinwêreldsheidsindeks.

 Artículos similares

       
 
F J De Beer, V A Azov, D V Kama, F J F Jacobs     Pág. 117
Daar is sowat twintig proteïenogeniese aminosure wat natuurlik in biologiese wesens voorkom. Hierdie aminosure is die boublokke van proteïene. Proteïene is komplekse molekulêre masjiene wat ?n magdom funksies in die liggaam verrig. Inderdaad, sonder prot... ver más

 
S du Preez, J du Plessis, J Fourie, W du Preez, D de Beer     Pág. 92 - 105
Die doel van hierdie literatuurstudie was om ?n breë oorsig van laagvervaardiging in Suid-Afrika en die beroepsgesondheid risiko?s wat geassosieer word met laagvervaardiging te voorsien. Laagvervaardiging is die proses waar materiale laag-vir-laag neerge... ver más

 
L Liebenberg, M Schutte-Smith, H G Visser     Pág. 126
Kanker is een van die grootste oorsake van sterftes in die wêreld. Volgens CA: A Cancer Journal for Clinicians is daar in 2020 wêreldwyd sowat 19,3 miljoen nuwe kankergevalle en 10 miljoen sterftes as gevolg van kanker aangemeld. ?n Kankerdiagnose het ?n... ver más

 
S Salifu, D Desai, S Kok, O Ogunbiyi, A Oketola, I Cipriano     Pág. 64 - 74
In ?n strewe om die koste van die produksie van elektriese energie drasties te verminder en die dringende behoefte om in die toenemende vraag na elektrisiteit te voorsien, word kragopwekkingstoompype aan verskillende stoomladingstoestande blootgestel. Di... ver más

 
M O Ndou, J M Ndambuki, J T Mgidi     Pág. 33 - 46
Die volhoubare voorsiening van water in voldoende hoeveelhede is fundamenteel vir die ekonomiese groei van enige land. In Suid-Afrika vereis die bedryf van al die groot ekonomiese sektore beduidende hoeveelhede water. Suid-Afrika ervaar egter steeds wate... ver más