Redirigiendo al acceso original de articulo en 19 segundos...
ARTÍCULO
TITULO

Geografiese klassifikasie van Suid-Afrikaanse heuning met naby-infrarooi spektroskopieGeographical classification of South African honey with near-infrared spectroscopy

M Vermeulen    
M Allsopp    
F Marini    
P J Williams    
M Manley    

Resumen

Geografiese en blomoorsprong bepaal die samestelling van heuning. Melissopalinologie is die tradisionele metode om die bron van die stuifmeel in heuning te bepaal. Hierdie metode van analise is moeisaam, tydrowend en moet deur ?n deskundige uitgevoer word. Metodes wat vinnig en maklik uitvoerbaar is om die geografiese oorsprong van heuning te bepaal is dus belangrik en nodig. Hierdie studie het daarom ten doel gehad om naby-infrarooi (NIR) spektroskopie, tesame met parsiële kleinstekwadratediskriminantanalise (PLS DA) en verskillende voorverwerkingstegnieke te evalueer vir die vinnige klassifikasie van Suid-Afrikaanse heuning van drie verskillende geografiese oorspronge in die Wes-Kaap. Twee verskillende NIR-instrumente, naamlik ?n laboratoriuminstrument en ?n handapparaat (glasflessie en Teflonkoppie) is onderskeidelik in transflektansie- en reflektansiemodus gebruik. Hoofkomponentanalise-tellinggrafieke het skeiding getoon tussen die Hopefield- en die Stanford-klas. Die Stellenbosch-klas het oorvleuel met beide die Hopefield- en Stanford-klas as gevolg van Stellenbosch se plantegroei wat as nektarbron vir die bye gedien het, wat ?n kombinasie van fynbos en Eukaliptus was, terwyl dit in die geval van Hopefield en Stanford onderskeidelik fynbos en Eukaliptus was. Die beste voorspellingsakkuraatheid (84,21%) om tussen die drie geografiese liggings te klassifiseer is met die handapparaat (glasflessie) tesame met PLS-DA en eksterneparameter-ortogonalisering verkry. Vir die datastelle wat in hierdie studie gebruik is, het dit geblyk dat die nektarbron grootliks bygedra het tot die geografiese klassifikasie. NIR spektroskopie sou dus ook as ?n ondersteunende siftingsmetode vir tradisionele melissopalinologie oorweeg kon word.

 Artículos similares

       
 
Y Schoeman, P J Oberholster     Pág. 132
Die besoedeling van beskikbare waterbronne is een van die grootste bedreigings vir volhoubare watervoorsiening in Suid-Afrika. Gepaardgaande uitdagings in omgewingsbestuur en antropogeniese impakte in die vorm van die bekendstelling van chemiese en kriti... ver más

 
J Rossouw     Pág. 2 - 11
Hierdie artikel toon aan dat die kontantfunksie van sentrale banke (spesifiek banknote) weinig aandag in die akademiese literatuur kry en dra dus by om hierdie leemte te vul. Banknootuitreiking kom teen ?n groot koste vir sentrale banke, maar banknote in... ver más

 
S Salifu, D Desai, S Kok, O Ogunbiyi, A Oketola, I Cipriano     Pág. 64 - 74
In ?n strewe om die koste van die produksie van elektriese energie drasties te verminder en die dringende behoefte om in die toenemende vraag na elektrisiteit te voorsien, word kragopwekkingstoompype aan verskillende stoomladingstoestande blootgestel. Di... ver más

 
B A Senekal     Pág. 106 - 114
Samewerking het oor die afgelope eeu in byna alle wetenskaplike velde toegeneem, met ?n merkbare versnelling oor die afgelope dekades. Die redes vir hierdie toename sluit in die inligtingsontploffing en die uitdaging wat dit aan individuele navorsers ste... ver más

 
F J De Beer, V A Azov, D V Kama, F J F Jacobs     Pág. 117
Daar is sowat twintig proteïenogeniese aminosure wat natuurlik in biologiese wesens voorkom. Hierdie aminosure is die boublokke van proteïene. Proteïene is komplekse molekulêre masjiene wat ?n magdom funksies in die liggaam verrig. Inderdaad, sonder prot... ver más