Redirigiendo al acceso original de articulo en 15 segundos...
ARTÍCULO
TITULO

Gemiddelde Prestasie en Genetiese Veranderlikheid van EnkelkruisingmieliesMean performance and genetic variability of maize single crosses

A A Tefera    

Resumen

Mielies is een van die hoëprioriteitgewasse om die steeds groeiende bevolking in Afrika te voed, maar die produksie daarvan word beperk deur ?n tekort aan hoëopbrengsvariëteite tesame met biotiese en abiotiese stremming. Hierdie studie is begin om gemiddelde prestasie te evalueer, genetiese veranderlikheid te beraam, en oorerflikheid en genetiese vooruitgang vir enkelkruisingmielies te beraam. Vyftig inskrywings bestaande uit 48 F1-enkelkruisings gemaak van 24 ingeteelde lyne en 2 toetsers wat lyn x toetser-ontwerp gebruik asook 2 kommersiële kontrolebasters is in die studie gebruik. Die eksperiment is met behulp van alfa-roosterontwerp met twee herhalings by Ambo en Holeta-Landbounavorsingsentrum uitgevoer. Variansieanalise het die bestaan van beduidende genetiese veranderlikheid tussen genotipes vir alle bestudeerde eienskappe aan die lig gebring, behalwe vir plantaspek (PA). Ligging x inskrywingsinteraksie vir die meeste van die eienskappe was nie beduidend nie, wat daarop dui dat basterprestasie konsekwent was oor getoetste liggings heen. Kruisings L23 x T1 en L11 x T1 was die bes presterende genotipes vir graanopbrengs en sommige opbrengsverwante eienskappe. Volgens die ontleding van genetiese veranderlikheid het kophoogte matige GCV-waardes (Engelse afkorting vir genotypic coefficient of variation, oftewel genotipiese variasiekoëffisiënt) (10,71%) en PCV-waardes (Engelse afkorting vir phenotypic coefficient of variation oftewel fenotipiese variasiekoëffisiënt) (11,24%) getoon, terwyl graanopbrengs, koppe per plant en kopaspek medium PCV aan die lig gebring het. Matige tot medium waardes van PCV en GCV het op die bestaan van veranderlikheid vir sulke eienskappe gedui. Vir effektiewe seleksie moet die omvang van oorerflikheid en genetiese vooruitgang egter bekend wees. Gevolglik  het planthoogte en kophoogte hoë oorerflikheid en genetiese vooruitgang geopenbaar en dus kan seleksie  effektief wees vir hierdie eienskappe. Ten slotte, die genetiese veranderlikheid tussen kruisings kan gebruik word in die ontwikkeling van ingeteelde lyne deur middel van seleksie en die kruisings met beter prestasie kan  as enkelkruisingvariëteit of ouers vir sintetiese variëteit gebruik word.

 Artículos similares

       
 
Y Schoeman, P J Oberholster     Pág. 132
Die besoedeling van beskikbare waterbronne is een van die grootste bedreigings vir volhoubare watervoorsiening in Suid-Afrika. Gepaardgaande uitdagings in omgewingsbestuur en antropogeniese impakte in die vorm van die bekendstelling van chemiese en kriti... ver más

 
J Rossouw     Pág. 2 - 11
Hierdie artikel toon aan dat die kontantfunksie van sentrale banke (spesifiek banknote) weinig aandag in die akademiese literatuur kry en dra dus by om hierdie leemte te vul. Banknootuitreiking kom teen ?n groot koste vir sentrale banke, maar banknote in... ver más

 
S Salifu, D Desai, S Kok, O Ogunbiyi, A Oketola, I Cipriano     Pág. 64 - 74
In ?n strewe om die koste van die produksie van elektriese energie drasties te verminder en die dringende behoefte om in die toenemende vraag na elektrisiteit te voorsien, word kragopwekkingstoompype aan verskillende stoomladingstoestande blootgestel. Di... ver más

 
B A Senekal     Pág. 106 - 114
Samewerking het oor die afgelope eeu in byna alle wetenskaplike velde toegeneem, met ?n merkbare versnelling oor die afgelope dekades. Die redes vir hierdie toename sluit in die inligtingsontploffing en die uitdaging wat dit aan individuele navorsers ste... ver más

 
F J De Beer, V A Azov, D V Kama, F J F Jacobs     Pág. 117
Daar is sowat twintig proteïenogeniese aminosure wat natuurlik in biologiese wesens voorkom. Hierdie aminosure is die boublokke van proteïene. Proteïene is komplekse molekulêre masjiene wat ?n magdom funksies in die liggaam verrig. Inderdaad, sonder prot... ver más