Redirigiendo al acceso original de articulo en 19 segundos...
ARTÍCULO
TITULO

Strukturelevergelyking-model om die kritieke veranderlikes wat verband hou met die aanvaarding van slimkaarttegnologie in Suid-Afrikaanse openbare gesondheidsorg te ontleedStructural equations model to analyse the critical variables related to smart card technology adoption in South African public healthcare

L Malungana    
L Motsi    

Resumen

Implementering van gesondheidsorginligtingstelsels is een van vele tegnologiese verbeterings in openbare gesondheidsorg. In hierdie studie word die belangrike faktore wat verband hou met die aanvaarding van slimkaarttegnologie (SKT) in openbare gesondheidsorg ontleed. Die studie het strukturelevergelyking modellering (SVM) gebruik om modelleringsmetodes en die verskeidenheid potensiële toepassings in die veld van gesondheidsorg te beraam. Hierdie studie het ten doel gehad om ?n model van strukturele vergelykings te ontwikkel wat die kritieke suksesfaktore opsom wat met die aanvaarding van slimkaarttegnologie in Suid-Afrikaanse openbare gesondheidsorg verband hou. Die studie het begin deur die literatuur waarvan ?n oorsig gedoen is aan te bied en te demonstreer watter daarvan gebaseer was op veranderlikes wat uit die vasgestelde onderliggende idees geneem is. Die vraelyste is aan gesondheidsorgberoepslui by die Steve Biko- Akademiese Hospitaal, Kalafong- Tersiêre Hospitaal en die Pretoria-Wes- en die Tshwane-distrikshospitaal versprei. Volgens die voorgestelde model sluit kritieke faktore gedragsvoorneme, stelselgebruik, inligtingskwaliteit, dienskwaliteit, kommunikasie, versoenbaarheid en beproefbaarheid in. Inspanningsverwagting, sosiale invloed, fasiliterende toestande, gebruikershouding en gebruikerstevredenheid is egter nie deur die studie ondersteun nie. Bevestigende faktoranalise is geskep deur die metings wat ingesamel is as die resultate te gebruik. Die uitkomste het die noodsaaklike rol van gesondheidsorgberoepslui in hospitale ondersteun ten einde SKT ten volle te implementeer. Dit sal aan pasiënte die geleentheid bied om toegang tot beter gesondheidsorgdienste te verkry. Op grond van die inligting wat uit steekproewe versamel is, het die studie die aanname gemaak dat die bevindinge in ?n verskeidenheid velde bevestig kan word, waaronder ook velde buite gesondheidsorg. Hierdie studie sal bydra tot die aanvaarding van slimkaarttegnologie in die Suid-Afrikaanse openbaregesondheidsorg-konteks deur gebruik te maak van die bevindinge van strukturelevergelyking-modellering.

 Artículos similares

       
 
B A Senekal     Pág. 106 - 114
Samewerking het oor die afgelope eeu in byna alle wetenskaplike velde toegeneem, met ?n merkbare versnelling oor die afgelope dekades. Die redes vir hierdie toename sluit in die inligtingsontploffing en die uitdaging wat dit aan individuele navorsers ste... ver más

 
J Rossouw     Pág. 2 - 11
Hierdie artikel toon aan dat die kontantfunksie van sentrale banke (spesifiek banknote) weinig aandag in die akademiese literatuur kry en dra dus by om hierdie leemte te vul. Banknootuitreiking kom teen ?n groot koste vir sentrale banke, maar banknote in... ver más

 
S Salifu, D Desai, S Kok, O Ogunbiyi, A Oketola, I Cipriano     Pág. 64 - 74
In ?n strewe om die koste van die produksie van elektriese energie drasties te verminder en die dringende behoefte om in die toenemende vraag na elektrisiteit te voorsien, word kragopwekkingstoompype aan verskillende stoomladingstoestande blootgestel. Di... ver más

 
F J De Beer, V A Azov, D V Kama, F J F Jacobs     Pág. 117
Daar is sowat twintig proteïenogeniese aminosure wat natuurlik in biologiese wesens voorkom. Hierdie aminosure is die boublokke van proteïene. Proteïene is komplekse molekulêre masjiene wat ?n magdom funksies in die liggaam verrig. Inderdaad, sonder prot... ver más

 
H Hattingh, G S Cornelius, N S Jacobs     Pág. 123
Ongeveer ?n derde (33,14%) van die Suid-Afrikaanse bevolking bevind hulself tans in landelike nedersettings. Landelike nedersettings in Suid-Afrika is berug vir armoede en onderontwikkeling, wat die noodsaaklikheid van ?n hernude fokus op die ontwikkelin... ver más