Redirigiendo al acceso original de articulo en 19 segundos...
ARTÍCULO
TITULO

Die rol van liggaamsgrootte as ?n faktor wat nisvariasie binne herbivoorbevolkings beïnvloedThe role of body size as a factor influencing within-population niche variation in mammalian herbivores

R van der Merwe    
D Codron    

Resumen

Individuele nisvariasie (INV) vind plaas wanneer natuurlike seleksie organismes binne ?n bevolking dryf om verskillende hulpbronne te gebruik, en het diepgaande gevolge vir spesieverhoudings, oorlewing van organismes asook bevolkings- en evolusionêre dinamika. Daar word verwag dat verskillende ekologiese faktore, naamlik intra- en interspesifieke mededinging, predasie en ekologiese geleentheid die graad van INV beïnvloed, terwyl onlangse bewyse daarop dui dat verskille in die graad van INV tussen bevolkings aan spesies se funksionele eienskappe gekoppel kan wees. Dit is die meetbare eienskappe van organismes wat hul fiksheid beïnvloed en aanpassings in verskillende omgewings weerspieël. Onder die verskeie karaktereienskappe van diere word liggaamsgrootte algemeen as een van die belangrikste beskou. Feitlik alle fundamentele ekologiese, biomeganiese en fisiologiese faktore skaal met liggaamsgrootte. Ons stel voor dat liggaamsgrootte dus ?n rol kan speel in die graad van INV. Die diversiteit en volopheid van groot soogdierherbivore is uitsonderlik, veral in Afrika-ekostelsels, en bied dus ?n uitstekende stelsel om hipoteses oor nisvariasie te toets. Met ?n toename in liggaamsgrootte, kom ?n toename in hoeveeldheid voedsel wat ingeneem moet word om ?n individu te onderhou en dus minder geleentheid om selektief te wees. ?n Belangrike hipotese, en onderliggend aan die huidige studie, is dat die eienskappe van groot herbivoorsoogdiere na verwagting die geleenteid vir INV om te ontwikkel, beperk. Omdat dit hoofsaaklik ?n beperking op ?n hoë vlak van voedselinname is, het ons voorspel dat INV negatief aan liggaamsgrootte gekoppel is.

 Artículos similares

       
 
N J M Grobler, Hertzog Bissett, Gerard J Puts, Philippus L Crouse     Pág. 85 - 90
Die skermgas speel ?n belangrike rol in die termiese beskerming van die reaktorwand in ?n induktiefgekoppelde plasmareaktor (IGP). Waterstof ioniseer moeiliker as argon. Waterstof word dus in klein hoeveelhede in die skermgas gebruik waar argon... ver más

 
Cobus Vermeulen, Fanie Joubert, Jannie Rossouw    
Hierdie navorsing ondersoek die faktore wat die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse aandelemark (die Johannesburgse Aandelebeurs, JSE) aandryf, ten einde te bepaal of JSE-ontwikkeling oorwegend deur internasionale (globale) of plaaslike (nasionale) fakt... ver más

 
Katie S. Lennard, Smritee Dabee, Shaun Barnabas, Enock Havyarimana, Anna Blakney, Shameem Jaumdally, Gerrit Botha, Nonhlanhla Mkhize, Linda-Gail Bekker, David Lewis, Glenda Gray, Nicola Mulder, Jo-Ann Passmore, Heather Jaspan    
Vroue van Afrika-afkoms is meer vatbaar vir bakteriële vaginose (BV) in vergelyking met Europese vroue. Beide mikrobiese diversiteit (soos met BV) sowel as spesifieke bakteriële taksa speel ?n rol in seksuele en reproduktiewe gesondheid insluit... ver más

 
Adriaan J. Reinecke, Sophia A Reinecke     Pág. 35 - 46
Grond is ?n diensverskaffende bate wat onder toenemende druk verkeer maar is ook die tuiste van ?n menigte grondlewende spesies wat bykans alle terrestriële dierfilums insluit. Die uitwerking van verandering as gevolg van menslike aktiwiteite o... ver más

 
Chantelle Girgan, M Marais, A Swart, H Fourie     Pág. 123
Nematodes, deel van die Koninkryk Animalia, word as die mees algemene meersellige organismes beskou wat in bykans alle omgewings voorkom. Hierdie organismes speel ?n noodsaaklike rol in verskeie ekologiese prosesse en is ?n noodsaaklike deel van die... ver más