Redirigiendo al acceso original de articulo en 15 segundos...
ARTÍCULO
TITULO

?n Multinavorsingsmodel toegerus met sagteware-instrumente vir die afstandanalisering van rotskunsdata: Bosworth-plaas gevallestudieA multi-research model equipped with software tools for the remote analysis of rock art data: Bosworth farm case study

L Boardman    
T C de Klerk    

Resumen

Die globale verspreiding van rotskuns kompliseer die navorsing daarvan en noodsaak navorsers om grootliks op die aanlyn beskikbaarheid daarvan staat te maak. Sou van die elemente in só ?n kunswerk blyk onduidelik te wees, moet tans op ?n individuele basis na aanlyn toepassings gesoek word wat moontlike verhoogde sigbaarheid daarvan kan meebring. Die doel van hierdie studie was om te poog om hierdie leemte te vul deur, eerstens, ?n interaktiewe multinavorsingsmodel te skep, en tweedens, om die navorsingswaarde van só ? model te bepaal. Petrogliewe van die Bosworth-rotskunsterrein is vir hierdie doel gedokumenteer en voorgestel in die konteks van hul onmiddellike omgewing, naamlik die betrokke rotse en terrein. Om hierdie data aanlyn beskikbaar te stel, is ?n webtoepassing geskep wat analiseringsvermoë bied ten opsigte van die vergroting,  manipulering van die hellingshoek, toekenning van nuwe kleurkombinasies, asook die werp van digitale skaduwees oor die kunswerke. ?n Kombinasie van hierdie ingeboude manipuleringsopsies is daarna beskikbaar gestel vir toepassing op beide 2D- én 3D-uitbeeldings van elke kunswerk, in kleur sowel as in monochroom. Navorsers kan dus die rotskunsterrein virtueel besoek en ook die waarneembaarheid van die petrogliewe verhoog by wyse van geïntegreerde sagteware-instrumente. Hierdie digitale argeologiese tegnieke kan op dieselfde wyse op ander rotskunsterreine vir die analisering en bestudering van rotskuns toegepas word.

 Artículos similares

       
 
J Rossouw     Pág. 2 - 11
Hierdie artikel toon aan dat die kontantfunksie van sentrale banke (spesifiek banknote) weinig aandag in die akademiese literatuur kry en dra dus by om hierdie leemte te vul. Banknootuitreiking kom teen ?n groot koste vir sentrale banke, maar banknote in... ver más

 
S Salifu, D Desai, S Kok, O Ogunbiyi, A Oketola, I Cipriano     Pág. 64 - 74
In ?n strewe om die koste van die produksie van elektriese energie drasties te verminder en die dringende behoefte om in die toenemende vraag na elektrisiteit te voorsien, word kragopwekkingstoompype aan verskillende stoomladingstoestande blootgestel. Di... ver más

 
B A Senekal     Pág. 106 - 114
Samewerking het oor die afgelope eeu in byna alle wetenskaplike velde toegeneem, met ?n merkbare versnelling oor die afgelope dekades. Die redes vir hierdie toename sluit in die inligtingsontploffing en die uitdaging wat dit aan individuele navorsers ste... ver más

 
F J De Beer, V A Azov, D V Kama, F J F Jacobs     Pág. 117
Daar is sowat twintig proteïenogeniese aminosure wat natuurlik in biologiese wesens voorkom. Hierdie aminosure is die boublokke van proteïene. Proteïene is komplekse molekulêre masjiene wat ?n magdom funksies in die liggaam verrig. Inderdaad, sonder prot... ver más

 
A de Smidt, C Jansen van Rensburg, L L van As     Pág. 119
Studies oor verteenwoordigers van vrylewende nie-parasitiese en plantparasitiese nematode wat in natuurreservate in Suid-Afrika voorkom, is skaars. Meer navorsing oor die ekologie van nematode in Suid-Afrika word dus benodig. Volgens die Suid-Afrikaanse ... ver más