Redirigiendo al acceso original de articulo en 20 segundos...
ARTÍCULO
TITULO

Swamme en mikotoksiene wat geassosieer word met akkerboon- (Vigna unguilata L. Walp) saad afkomstig van landelike gebiede in Suid-Afrika, en hul fisiologiese effekMycoflora and mycotoxins associated with cowpea (Vigna unguilata L. Walp) seed collected from rural areas in South Africa, and their physiological effect

J J F Viljoen    
M Truter    
Q Kritzinger    

Resumen

Akkerboon is veral onder bestaans- en kleinskaalse boere ?n belangrike gewas. Dit dien nie net as voedselbron vir sowel mens as dier nie, maar het ook ?n reeks medisinale eienskappe. Verder help die verbouing van akkerbone hierdie boere deur natuurlike stikstofbinding wat die groei van opvolggewasse verbeter. Saad word meestal verkry deur vorige seisoen se opbrengste te gebruik, wat veroorsaak dat saad vir lang periodes gestoor moet word. Saad wat gestoor word, is onderhewig aan kontaminasie deur swamme, veral spesies wat mikotoksiene produseer. Mikotoksiene is skadelike metaboliete wat gesondheidsgevare vir beide mens en dier inhou, en kan ook fitoksisiteit van plante veroorsaak. Die hoofgroepe van swamme wat mikotoksiene produseer, sluit die spesies Fusarium, Aspergillus en Penicillium in. Bergingpraktyke asook omgewingstoestande soos temperatuur en vogtigheid speel ?n groot rol in die oorlewing van hierdie swamme asook die produksie van mikotoksiene. Die doel van die studie was om vas te stel watter swamme asook hoeveel van hierdie swamme natuurlik in saadmonsters teenwoordig is. Daar is ook beoog om vas te stel of mikotoksiene in hierdie saadmonsters teenwoordig is.

 Artículos similares

       
 
Y Schoeman, P J Oberholster     Pág. 132
Die besoedeling van beskikbare waterbronne is een van die grootste bedreigings vir volhoubare watervoorsiening in Suid-Afrika. Gepaardgaande uitdagings in omgewingsbestuur en antropogeniese impakte in die vorm van die bekendstelling van chemiese en kriti... ver más

 
J Rossouw     Pág. 2 - 11
Hierdie artikel toon aan dat die kontantfunksie van sentrale banke (spesifiek banknote) weinig aandag in die akademiese literatuur kry en dra dus by om hierdie leemte te vul. Banknootuitreiking kom teen ?n groot koste vir sentrale banke, maar banknote in... ver más

 
S Salifu, D Desai, S Kok, O Ogunbiyi, A Oketola, I Cipriano     Pág. 64 - 74
In ?n strewe om die koste van die produksie van elektriese energie drasties te verminder en die dringende behoefte om in die toenemende vraag na elektrisiteit te voorsien, word kragopwekkingstoompype aan verskillende stoomladingstoestande blootgestel. Di... ver más

 
B A Senekal     Pág. 106 - 114
Samewerking het oor die afgelope eeu in byna alle wetenskaplike velde toegeneem, met ?n merkbare versnelling oor die afgelope dekades. Die redes vir hierdie toename sluit in die inligtingsontploffing en die uitdaging wat dit aan individuele navorsers ste... ver más

 
F J De Beer, V A Azov, D V Kama, F J F Jacobs     Pág. 117
Daar is sowat twintig proteïenogeniese aminosure wat natuurlik in biologiese wesens voorkom. Hierdie aminosure is die boublokke van proteïene. Proteïene is komplekse molekulêre masjiene wat ?n magdom funksies in die liggaam verrig. Inderdaad, sonder prot... ver más