ARTÍCULO
TITULO

Geografiese ligging beïnvloed vaginale mikrobiese profiele in Suid Afrikaanse vroueVaginal microbiota varies by geographical location in South African women

Katie S. Lennard    
Smritee Dabee    
Shaun Barnabas    
Enock Havyarimana    
Anna Blakney    
Shameem Jaumdally    
Gerrit Botha    
Nonhlanhla Mkhize    
Linda-Gail Bekker    
David Lewis    
Glenda Gray    
Nicola Mulder    
Jo-Ann Passmore    
Heather Jaspan    

Resumen

Vroue van Afrika-afkoms is meer vatbaar vir bakteriële vaginose (BV) in vergelyking met Europese vroue. Beide mikrobiese diversiteit (soos met BV) sowel as spesifieke bakteriële taksa speel ?n rol in seksuele en reproduktiewe gesondheid insluitende MIV vatbaarheid.Die moontlike rol van geografiese ligging en etnisiteit op die verhouding tussen mikrobiese samestelling en seskuele en reproduktiewe gesondheid bly egter onbekend. In hierdie studie vergelyk ons dus die vaginale mikrobiota van 16?22-jarige swart, HIV-negatiewe Suid Afrikaanse vroue van twee geografies-uiteenlopende liggings, beide laeinkomste, hoë bevolkingsdigtheidsgemeenskappe, een in Kaapstad, en een in Johannesburg. Vaginale mikrobiese profiele is bepaal met behulp van 16S rRNS volgordebepaling van laterale muur deppers.Ons pas permutasie variansieanalise (PERMANOVA) toe en vind statisties betekenisvolle assosiasies tussen vaginale mikrobiese samestelling en geografiese ligging (p=0.02), asook met liggaamsmassa-indeks (LMI) (p=0.015) en menslike papilloomvirus (MPV) risikotipe (p=0.005), maar nie met die voorkoms van een of meer seksueel-oordraagbare infeksies (SOI?s) (p=0.053) of met hormonale kontrasepsie verbruik nie (p=0.4).Geografiese ligging was ?n statisties betekenisvolle determinant van mikrobiese samestelling, ongeag verskille in LMI, SOI status en MPV-risiko tipes tussen Kaapstad en Johannesburg vroue. Geografiese ligging, LMI en MPV-risiko verduidelik gesamentlik 10% van die variansie in mikrobiese samestelling, met ?n groot persentasie van onbekende oorsprong. Verskeie taksa het statisties betekenisvol verskil in terme van frekwensie of relatiewe vlakke van voorkoms tussen die geografiese liggings.Ons resultate stel voor dat MIV profilaktiese metodes wat die vaginale mikrobiota teiken die effek van geografiese ligging in ag moet neem.

 Artículos similares

       
 
Y Schoeman, P J Oberholster     Pág. 132
Die besoedeling van beskikbare waterbronne is een van die grootste bedreigings vir volhoubare watervoorsiening in Suid-Afrika. Gepaardgaande uitdagings in omgewingsbestuur en antropogeniese impakte in die vorm van die bekendstelling van chemiese en kriti... ver más

 
J Rossouw     Pág. 2 - 11
Hierdie artikel toon aan dat die kontantfunksie van sentrale banke (spesifiek banknote) weinig aandag in die akademiese literatuur kry en dra dus by om hierdie leemte te vul. Banknootuitreiking kom teen ?n groot koste vir sentrale banke, maar banknote in... ver más

 
S Salifu, D Desai, S Kok, O Ogunbiyi, A Oketola, I Cipriano     Pág. 64 - 74
In ?n strewe om die koste van die produksie van elektriese energie drasties te verminder en die dringende behoefte om in die toenemende vraag na elektrisiteit te voorsien, word kragopwekkingstoompype aan verskillende stoomladingstoestande blootgestel. Di... ver más

 
B A Senekal     Pág. 106 - 114
Samewerking het oor die afgelope eeu in byna alle wetenskaplike velde toegeneem, met ?n merkbare versnelling oor die afgelope dekades. Die redes vir hierdie toename sluit in die inligtingsontploffing en die uitdaging wat dit aan individuele navorsers ste... ver más

 
F J De Beer, V A Azov, D V Kama, F J F Jacobs     Pág. 117
Daar is sowat twintig proteïenogeniese aminosure wat natuurlik in biologiese wesens voorkom. Hierdie aminosure is die boublokke van proteïene. Proteïene is komplekse molekulêre masjiene wat ?n magdom funksies in die liggaam verrig. Inderdaad, sonder prot... ver más