ARTÍCULO
TITULO

Substituente en isomeriese effekte op die reduksieen oksidasiepotensiaal van tris(ß-diketonato) mangaan(III) komplekse: DFT en MESP analises

Adebayo A Adeniyi    
Jeanet Conradie    

Resumen

Die reduksie van tris(ß-diketonato)mangaan(III) ([Mn(ß-diketonato)3]) verbindings na tris(ß-diketonato)mangaan(II), asook die oksidasie daarvan tot tris(ß-diketonato) mangaan(IV), is ondersoek met behulp van DFT-metodes. Die akkuraatheid van die voorspelling van die reduksiepotensiaal of oksidasiepotensiaal is baie belangrik vir die bepaling van die potensiaalomvang wat geskik is vir die ontwerp van spesifiek vereiste toepassings. Die DFT-funksionele metode M06 het die eksperimentele reduksiepotensiaal  tot ?n hoër vlak van akkuraatheid weergegee, in vergelyking met die M062X en B3LYP  metodes. Hierdie studie het ook getoon dat reduksie van verbindings ?n afname in entropie en ook Gibbs vrye energie, in sowel die gasfase as die oplosmiddelfase, veroorsaak het en gevolglik die hoogste waarde vir totale Gibbs reaksie-energie (?Grksie) vir die gereduseerde verbinding getoon het, veral vir dié molekules met sterker elektron-onttrekkende groepe, soos CF3. Dit het gelei tot ?n reduksiepotensiaalverskuiwing na meer positiewe waardes, vir dié verbindings wat CF3 bevat. Hierdie meer positiewe reduksiepotensiaal van verbindings in die teenwoordigheid van sterker elektrononttrekkende groepe het ook ?n skuif na meer positiewe oksidasiepotensiaal tot gevolg gehad. Gevolglik kon die oksidasiepotensiaal gaandeweg nie meer binne die eksperimentele venster vir oplosmiddels waargeneem word nie. Die waardes van die molekulêre elektrostatiese oppervlakpotensiaal (MESP) minima en die MESP atoompotensiaal van die Mn atoom en sy gekoördineerde suurstofatome, dien as goeie beskrywers vir die waargeneemde eksperimentele reduksiepotensiaal en kan ook bydra om die eksperimentele reduksie van toekomstige molekules tot ?n hoë vlak van akkuraatheid te kan voorspel.

Palabras claves

 Artículos similares

       
 
Y Schoeman, P J Oberholster     Pág. 132
Die besoedeling van beskikbare waterbronne is een van die grootste bedreigings vir volhoubare watervoorsiening in Suid-Afrika. Gepaardgaande uitdagings in omgewingsbestuur en antropogeniese impakte in die vorm van die bekendstelling van chemiese en kriti... ver más

 
J Rossouw     Pág. 2 - 11
Hierdie artikel toon aan dat die kontantfunksie van sentrale banke (spesifiek banknote) weinig aandag in die akademiese literatuur kry en dra dus by om hierdie leemte te vul. Banknootuitreiking kom teen ?n groot koste vir sentrale banke, maar banknote in... ver más

 
S Salifu, D Desai, S Kok, O Ogunbiyi, A Oketola, I Cipriano     Pág. 64 - 74
In ?n strewe om die koste van die produksie van elektriese energie drasties te verminder en die dringende behoefte om in die toenemende vraag na elektrisiteit te voorsien, word kragopwekkingstoompype aan verskillende stoomladingstoestande blootgestel. Di... ver más

 
B A Senekal     Pág. 106 - 114
Samewerking het oor die afgelope eeu in byna alle wetenskaplike velde toegeneem, met ?n merkbare versnelling oor die afgelope dekades. Die redes vir hierdie toename sluit in die inligtingsontploffing en die uitdaging wat dit aan individuele navorsers ste... ver más

 
F J De Beer, V A Azov, D V Kama, F J F Jacobs     Pág. 117
Daar is sowat twintig proteïenogeniese aminosure wat natuurlik in biologiese wesens voorkom. Hierdie aminosure is die boublokke van proteïene. Proteïene is komplekse molekulêre masjiene wat ?n magdom funksies in die liggaam verrig. Inderdaad, sonder prot... ver más