ARTÍCULO
TITULO

?n Algemene oorsig van die makroinvertebraatdiversiteit van die Maricorivier, Noordwes Provinsie, Suid Afrika

Mathilde Kemp    
Victor Wepener    
Cornelius T Wolmarans    

Resumen

Die Maricorivier, in die Noordwes Provinsie van Suid Afrika, is in terme van bewaring as ?n prioriteitsgebied verklaar. Die doel van hierdie ondersoek was om die makroinvertebraatdiversiteit van die Maricorivier te bepaal, te dokumenteer en te publiseer. Makroinvertebrate is tydens vyf opnames by ses lokaliteite in die rivier met die gepaste nette en tegnieke versamel, terwyl geselekteerde waterkwaliteitsparameters telkens in-situ gemeet is. ?n Totale diversiteit van 172 taksa (20 ordes en 81 families), verteenwoordig deur 12540 organismes, is tydens die ondersoek gevind. Die meeste van die families wat bekend is daarvoor dat hulle ?n voorkeur vir water van hoë kwaliteit vertoon, is gevind. Waardes vir temperatuur, pH, EG, vloeisnelheid en turbiditeit was deurentyd binne die toleransiereekse vir akwatiese makro-invertebrate. Uit die resultate kan daar afgelei word dat die rivier oorwegend oor ?n hoë taksa-rykheid en diversiteit beskik en dat die taksa eweredig versprei is, wat op ?n gesonde ekostelsel dui. Die teenwoordigheid van verskeie hoogs sensitiewe taksa ondersteun hierdie stelling. 

 Artículos similares

       
 
Y Schoeman, P J Oberholster     Pág. 132
Die besoedeling van beskikbare waterbronne is een van die grootste bedreigings vir volhoubare watervoorsiening in Suid-Afrika. Gepaardgaande uitdagings in omgewingsbestuur en antropogeniese impakte in die vorm van die bekendstelling van chemiese en kriti... ver más

 
J Rossouw     Pág. 2 - 11
Hierdie artikel toon aan dat die kontantfunksie van sentrale banke (spesifiek banknote) weinig aandag in die akademiese literatuur kry en dra dus by om hierdie leemte te vul. Banknootuitreiking kom teen ?n groot koste vir sentrale banke, maar banknote in... ver más

 
S Salifu, D Desai, S Kok, O Ogunbiyi, A Oketola, I Cipriano     Pág. 64 - 74
In ?n strewe om die koste van die produksie van elektriese energie drasties te verminder en die dringende behoefte om in die toenemende vraag na elektrisiteit te voorsien, word kragopwekkingstoompype aan verskillende stoomladingstoestande blootgestel. Di... ver más

 
B A Senekal     Pág. 106 - 114
Samewerking het oor die afgelope eeu in byna alle wetenskaplike velde toegeneem, met ?n merkbare versnelling oor die afgelope dekades. Die redes vir hierdie toename sluit in die inligtingsontploffing en die uitdaging wat dit aan individuele navorsers ste... ver más

 
F J De Beer, V A Azov, D V Kama, F J F Jacobs     Pág. 117
Daar is sowat twintig proteïenogeniese aminosure wat natuurlik in biologiese wesens voorkom. Hierdie aminosure is die boublokke van proteïene. Proteïene is komplekse molekulêre masjiene wat ?n magdom funksies in die liggaam verrig. Inderdaad, sonder prot... ver más