ARTÍCULO
TITULO

Kontrasterende invloed van chroniese osoonblootstelling op fotosintetiese elektronoordrag en CO2-assimilering in gevoelige (S156) en bestande (R123) Phaseolus vulgaris L. genotipes

Gert HJ Kruger    
Cornelius CW Scheepers    
Reto J Strasser    
Jacques M Berner    

Resumen

Troposferiese osoon (O3) word beskou as een van die belangrikste lugbesoedelstowwe aangesien dit wêreldwyd meer skade aan landbougewasse aanrig as al die ander besoedelstowwe saam. Weens die oksiderende aard daarvan verooraak O3 blaarskade en ?n afname in fotosintese. Bestandheid van gewasse teen O3 verskil aansienlik tussen spesies en genotipes. Met hierdie studie is nuwe inligting oor die fisiologiese en biochemiese grondslag van die skadelike effek van O3 verkry deur chroniese blootstelling van twee bosboongenotipes met bekende gevoeligheid vir O3, naamlik S156 (gevoelig) en R123 (bestand), aan onderskeidelik houtskool-gefiltreerde lug en 80 dpm O3. Die studie is uitgevoer in oop-dek-groeikamers (OTCs) vir die volle groeiperiode tot wasdom. Die status van die fotosintetiese apparaat van die proefplante is bepaal deur analise van chlorofil a-fluoressensiekinetika en CO2-afhanklikheidskrommes (A:Ci). Fisiologiese effekteis by S156 waargeneem lank voor die verkyning van nekrotiese vlekke op die drieledige blare. Fotosintese is aansienlik gerem in S156, hoofsaaklik weens ontkoppeling van die suurstofvrystellingskompleks (OEC), remming van fotosintetiese elektronoordrag, gevolglike afname in die reduksie van eind-elektronontvangers (ferredoksien, NADP+) en die gepaardgaande afname in die karboksilering en die regenerering van ribulose-1,5-bisfosfaat. Saad- en peulopbrengs het nou ooreengestem met die fotosintetiese gedrag van die proefplante. Ofskoon blare van albei genotipes sigbaar aangetas was, was dit S156 wat ernstige nekrotiese vlekke vertoon het. Hierdie data bied nuwe inligting en komplementeer bestaande kennis oor die prosesse onderliggend aan die fitotoksisiteit van O3, nodig vir die ontwikkeling van bestande genotipes .

 Artículos similares

       
 
Y Schoeman, P J Oberholster     Pág. 132
Die besoedeling van beskikbare waterbronne is een van die grootste bedreigings vir volhoubare watervoorsiening in Suid-Afrika. Gepaardgaande uitdagings in omgewingsbestuur en antropogeniese impakte in die vorm van die bekendstelling van chemiese en kriti... ver más

 
J Rossouw     Pág. 2 - 11
Hierdie artikel toon aan dat die kontantfunksie van sentrale banke (spesifiek banknote) weinig aandag in die akademiese literatuur kry en dra dus by om hierdie leemte te vul. Banknootuitreiking kom teen ?n groot koste vir sentrale banke, maar banknote in... ver más

 
S Salifu, D Desai, S Kok, O Ogunbiyi, A Oketola, I Cipriano     Pág. 64 - 74
In ?n strewe om die koste van die produksie van elektriese energie drasties te verminder en die dringende behoefte om in die toenemende vraag na elektrisiteit te voorsien, word kragopwekkingstoompype aan verskillende stoomladingstoestande blootgestel. Di... ver más

 
B A Senekal     Pág. 106 - 114
Samewerking het oor die afgelope eeu in byna alle wetenskaplike velde toegeneem, met ?n merkbare versnelling oor die afgelope dekades. Die redes vir hierdie toename sluit in die inligtingsontploffing en die uitdaging wat dit aan individuele navorsers ste... ver más

 
F J De Beer, V A Azov, D V Kama, F J F Jacobs     Pág. 117
Daar is sowat twintig proteïenogeniese aminosure wat natuurlik in biologiese wesens voorkom. Hierdie aminosure is die boublokke van proteïene. Proteïene is komplekse molekulêre masjiene wat ?n magdom funksies in die liggaam verrig. Inderdaad, sonder prot... ver más