ARTÍCULO
TITULO

Grense en waterskeidings met verwysing na die Rietvlei Natuurreservaat (Stad Tshwane)Boundaries and watersheds with reference to the Rietvlei Nature Reserve (City of Tshwane)

Anna E De Jager    
J J Olivier    
M D Nicolau    

Resumen

Volgens ?n berig in Beeld van 11 Oktober 2017, het kabeldiefstal by die Olifantsfontein Watersuiweringsaanleg in die Ekurhuleni Metropolitaanse Regsgebied tot besoedeling van die Hennopsrivier in Centurion aanleiding gegee. Hierdie voorbeeld illustreer die problematiek rondom waterskeidings en grensafbakenings. Waterskeidings bepaal die grense van opvangsgebiede en daar is nie noodwendig ruimtelike kovariasie tussen politieke grense (kultuurlandskap) en waterskeidings (natuurlike landskap) nie.