ARTÍCULO
TITULO

Insig van onderwysers in wanopvattings oor eenvoudige stroombane

Estelle Gaigher    

Resumen

Hoewel daar heelwat internasionale navorsing gepubliseer is oor leerlinge se wanopvattings oor elektrisiteit, is daar weinig studies gedoen oor onderwysers se bewustheid van hierdie wanopvattings. Hierdie artikel doen verslag oor ?n gevallestudie om te ondersoek tot watter mate Suid-Afrikaanse onderwysers leerlinge se wanopvattings oor serie- en parallelstroombane verstaan, en tot welke mate dié insig geïntegreer word in onderwysers se pedagogiese inhoudskennis. Nege onderwysers uit staatskole is doelbewus geselekteer om aan die studie deel te neem. Kwalitatiewe data is uit vraelyste en onderhoude ingesamel. Daar is bevind dat onderwysers dikwels eenvoudige wanopvattings uitwys as oorsake van leerlinge se foute, maar dat wanopvattings wat verband hou met foutiewe analise, selde deur onderwysers genoem word. Verder is bevind dat onderwysers se kennis van wanopvattings gefragmenteerd is en nie met hulle begrip van basiese konsepte geïntegreer word nie. Die resultate toon dus dat hierdie onderwysers onvoldoende pedagogiese inhoudskennis betreffende wanopvattings oor serie- en parallelstroombane openbaar. Aanbevelings uit die studie is dat pedagogiese inhoudskennis rakende wanopvattings tydens onderwysersopleiding ontwikkel moet word.

Palabras claves

 Artículos similares