ARTÍCULO
TITULO

Die effek van die skermgas-samestelling in ?n induktiefgekoppelde plasma: ? Eindige-elementanalise

N J M Grobler    
Hertzog Bissett    
Gerard J Puts    
Philippus L Crouse    

Resumen

Die skermgas speel ?n belangrike rol in die termiese beskerming van die reaktorwand in ?n induktiefgekoppelde plasmareaktor (IGP). Waterstof ioniseer moeiliker as argon. Waterstof word dus in klein hoeveelhede in die skermgas gebruik waar argon die hoof-plasmagas is om plasmavorming in die omgewing van die wand te verhoed. Die hoë vloeisnelheid van die skermgas verminder ook die tyd vir hitte-oordrag na die wand. Daar is verskeie numeriese modelle van IGP-sisteme in die literatuur; nie een neem die effek van die skermgassamestelling in ag nie. Die hoeveelheid waterstof in die skermgas en sy hoër ionisasiepotensiaal kan groot newe-effekte op die plasmagedrag hê. ?n Oormaat waterstof in die skermgas is ook ?n vermorsing . Beide faktore het ?n invloed op die ekonomie van die plasmaproses. Hierdie navorsing wys dat meer as 2 % H2 in die skermgas benodig word om plasmavorming teen die wand te voorkom. ?n Lokale minimum in stralingsverliese dui daarop dat die optimale skermgassamestelling vir hierdie sisteem 3 % H2 in die argonskermgas is. Die kommersiële eindige-elementgebaseerde sagtewarepakket COMSOL Multiphysics is vir hierdie werk gebruik. 

 Artículos similares

       
 
Alfred Muller    
?n Ondersoek na die effek van gemengde feniel-sikloheksiel gesubstitueerde ariel tersiêre fosfiene op die vastetoestandwanorde van die Cl?Rh?CO-groep in Vaska-tipe komplekse trans-[M(CO)Cl(PPhnCy3-n)2], waar M = Rh(I) of Ir(I), Ph = C6H5, Cy = C6H11... ver más

 
Katie S. Lennard, Smritee Dabee, Shaun Barnabas, Enock Havyarimana, Anna Blakney, Shameem Jaumdally, Gerrit Botha, Nonhlanhla Mkhize, Linda-Gail Bekker, David Lewis, Glenda Gray, Nicola Mulder, Jo-Ann Passmore, Heather Jaspan    
Vroue van Afrika-afkoms is meer vatbaar vir bakteriële vaginose (BV) in vergelyking met Europese vroue. Beide mikrobiese diversiteit (soos met BV) sowel as spesifieke bakteriële taksa speel ?n rol in seksuele en reproduktiewe gesondheid insluit... ver más

 
Jan H van Vuuren     Pág. 87 - 95
?n Deelversameling X ? V van die puntversameling V van ?n grafiek G = (V,E) is ?n onafhanklike versameling in G indien geen twee punte van X naasliggend is in G nie. Die kardinaalgetal van ?n grootste onafhanklike versameling in G word die onaf... ver más

 
Wilhelmina J van der Linde, Lodewyk J Mienie, Jacobus J Bergh, Mietha M van der Walt, Gisella Terre'Blanche     Pág. 10 - 14
Fenielbottersuur (PBA) word as ?n behandeling vir ureum sikliese defekte gebruik, as alternatiewe behandeling vir adrenoleukodistrofi e en dit besit ook ?n neurobeskermende effek teen oksidatiewe stres. Bekende metaboliete van fenielbottersuur ... ver más

 
Hugo Bezuidenhout, J Botha, T Ramaswiela, T O'Connor     Pág. 20 - 34
Die bestuur van weidingsbronne in semi-ariede savanna is afhanklik van beskikbare water, wat weer op sy beurt afhanklik is van reënval, grondtipe en houtagtige biomassa. Beweiding en vuur kan bydraende faktore wees wat die bestuur beinvloed. Om... ver más