ARTÍCULO
TITULO

Nematood-opname in twee natuurreservate in die Vrystaatprovinsie, Suid-AfrikaNematode survey in two nature reserves of the Free State Province, South Africa

A de Smidt    
C Jansen van Rensburg    
L L van As    

Resumen

Studies oor verteenwoordigers van vrylewende nie-parasitiese en plantparasitiese nematode wat in natuurreservate in Suid-Afrika voorkom, is skaars. Meer navorsing oor die ekologie van nematode in Suid-Afrika word dus benodig. Volgens die Suid-Afrikaanse Plantparasitiese Nematood-opname en Nasionale Versameling van Nematode, is veral min inligting bekend oor vrylewende nieparasitiese en plantparasitiese nematode wat in die Vrystaatprovinsie voorkom. Om hierdie rede is die huidige studie daarop gemik om ?n nematood-opname van twee natuurreservate te doen, asook om te bepaal hoe die ekologie van die nematoodgemeenskappe tussen die habitats in die reservate verskil. Die Soetdoring (SNR) en Willem Pretorius Natuurreservate (WPNR) is beide in die Vrystaat geleë en kom in die graslandbioom voor. Veldwerk het tussen 2017 en 2019 plaasgevind. Willekeurige habitats is in beide reservate gekies, naamlik ?n grasveld- en ?n akwatiese habitat (rivier en dam). Grondmonsters (250 ml) is met behulp van ?n klein tuingrafie tot ?n diepte van 15 cm in die grond van elke habitat versamel en by die nematologielaboratorium departement van Dierkunde en Entomologie, in Bloemfontein verwerk. Nematode is geëkstraheer, gefikseer, geïdentifiseer en daarna op Cobb-preparate gemonteer vir ligmikroskopiese waarneming en tellings.

 Artículos similares

       
 
Y Schoeman, P J Oberholster     Pág. 132
Die besoedeling van beskikbare waterbronne is een van die grootste bedreigings vir volhoubare watervoorsiening in Suid-Afrika. Gepaardgaande uitdagings in omgewingsbestuur en antropogeniese impakte in die vorm van die bekendstelling van chemiese en kriti... ver más

 
J Rossouw     Pág. 2 - 11
Hierdie artikel toon aan dat die kontantfunksie van sentrale banke (spesifiek banknote) weinig aandag in die akademiese literatuur kry en dra dus by om hierdie leemte te vul. Banknootuitreiking kom teen ?n groot koste vir sentrale banke, maar banknote in... ver más

 
S Salifu, D Desai, S Kok, O Ogunbiyi, A Oketola, I Cipriano     Pág. 64 - 74
In ?n strewe om die koste van die produksie van elektriese energie drasties te verminder en die dringende behoefte om in die toenemende vraag na elektrisiteit te voorsien, word kragopwekkingstoompype aan verskillende stoomladingstoestande blootgestel. Di... ver más

 
B A Senekal     Pág. 106 - 114
Samewerking het oor die afgelope eeu in byna alle wetenskaplike velde toegeneem, met ?n merkbare versnelling oor die afgelope dekades. Die redes vir hierdie toename sluit in die inligtingsontploffing en die uitdaging wat dit aan individuele navorsers ste... ver más

 
F J De Beer, V A Azov, D V Kama, F J F Jacobs     Pág. 117
Daar is sowat twintig proteïenogeniese aminosure wat natuurlik in biologiese wesens voorkom. Hierdie aminosure is die boublokke van proteïene. Proteïene is komplekse molekulêre masjiene wat ?n magdom funksies in die liggaam verrig. Inderdaad, sonder prot... ver más