ARTÍCULO
TITULO

Laagvervaardiging en beroepsgesondheid in Suid-Afrika: ?n LiteratuurstudieLayer manufacturing and occupational health in South Africa: A literature study

S du Preez    
J du Plessis    
J Fourie    
W du Preez    
D de Beer    

Resumen

Die doel van hierdie literatuurstudie was om ?n breë oorsig van laagvervaardiging in Suid-Afrika en die beroepsgesondheid risiko?s wat geassosieer word met laagvervaardiging te voorsien. Laagvervaardiging is die proses waar materiale laag-vir-laag neergelê word om ?n driedimensionele (3D-) voorwerp te vorm. Volgens internasionaal gestandaardiseerde terminologie bestaan daar sewe standaard laagvervaardiging proseskategorieë tesame met verskeie tegnologieë en materiale. Laagvervaardigingsmateriale is die grondstowwe wat in poeier-, soliede of vloeistofvorm toegevoeg word tot die bou- (produksie-) proses en die gehalte van die finale produk beïnvloed. Wêreldwyd word laagvervaardiging in die produksie van komplekse onderdele in die lugvaart- en motorbedryf sowel as vir die vervaardiging van pasiëntspesifieke mediese prosteses gebruik. Suid-Afrika se eerste laagvervaardigingsmasjien het in 1991 sy debuut gemaak, waarna verskeie Suid-Afrikaanse instansies ook in laagvervaardiging belê het, met die doel om navorsing en ontwikkeling in laagvervaardiging te bevorder. Daar was aanvanklik ?n beperkte opname van die tegnologie, en dit kon toegeskryf word aan die tradisionele vervaardigingsbedryf in Suid-Afrika. Die toename in die gebruik van industriële laagvervaardigingsmasjiene sowel as die gebruik van intreevlak-3D-drukkers vir die algemene gebruiker het eers in die tydperk tussen 2010 tot 2017 plaasgevind. Na gelang hierdie innoverende tegnologie bly vorder, is dit belangrik vir die operateur, d.w.s. beide die ingenieur en die algemene gebruiker van die laagvervaardigingsmasjien, om bewus te wees van potensiële gesondheidsrisiko?s wat met hierdie tegnologie geassosieer word.

 Artículos similares

       
 
Y Schoeman, P J Oberholster     Pág. 132
Die besoedeling van beskikbare waterbronne is een van die grootste bedreigings vir volhoubare watervoorsiening in Suid-Afrika. Gepaardgaande uitdagings in omgewingsbestuur en antropogeniese impakte in die vorm van die bekendstelling van chemiese en kriti... ver más

 
J Rossouw     Pág. 2 - 11
Hierdie artikel toon aan dat die kontantfunksie van sentrale banke (spesifiek banknote) weinig aandag in die akademiese literatuur kry en dra dus by om hierdie leemte te vul. Banknootuitreiking kom teen ?n groot koste vir sentrale banke, maar banknote in... ver más

 
S Salifu, D Desai, S Kok, O Ogunbiyi, A Oketola, I Cipriano     Pág. 64 - 74
In ?n strewe om die koste van die produksie van elektriese energie drasties te verminder en die dringende behoefte om in die toenemende vraag na elektrisiteit te voorsien, word kragopwekkingstoompype aan verskillende stoomladingstoestande blootgestel. Di... ver más

 
B A Senekal     Pág. 106 - 114
Samewerking het oor die afgelope eeu in byna alle wetenskaplike velde toegeneem, met ?n merkbare versnelling oor die afgelope dekades. Die redes vir hierdie toename sluit in die inligtingsontploffing en die uitdaging wat dit aan individuele navorsers ste... ver más

 
F J De Beer, V A Azov, D V Kama, F J F Jacobs     Pág. 117
Daar is sowat twintig proteïenogeniese aminosure wat natuurlik in biologiese wesens voorkom. Hierdie aminosure is die boublokke van proteïene. Proteïene is komplekse molekulêre masjiene wat ?n magdom funksies in die liggaam verrig. Inderdaad, sonder prot... ver más