ARTÍCULO
TITULO

Gesondheidsevaluasie van stedelike eike (Quercus robur L.) met behulp van fisiologiese parameters: ?n Suid-Afrikaanse gevallestudieEvaluating the health of urban oak (Quercus robur L.) trees using physiological parameters: a South-African case study

Soané Ludick    
Jacques M Berner    
Roelof D Coertze    
Sarel S Cilliers    
Prof.    

Resumen

Bome in ?n stedelike omgewing, soos die eksotiese eikebome (Quercus robur L.) in Potchefstroom (Noordwesprovinsie, Suid-Afrika), verskaf verskeie ekosisteemdienste op straat- en stadsvlak. Aangesien bome baie gunstig is vir stedelike inwoning, is dit noodsaaklik om hul gesondheid te bestudeer en hierdie bome so lank moontlik te bewaar. Quercus robur-bome in die historiese Eikelaan in Potchefstroom toon sedert 1980 visuele gesondheidsagteruitgang, waarvoor die oorsaak steeds grootliks ?n vraagstuk is. Die doelwit van hierdie studie was om die vitaliteit van verteenwoordigende bome in die laning wat deur verskillende tipes grondbedekking omring word, vas te stel deur visuele boomtoestand, blaarwaterpotensiaal, voedingstofanalise, en chlorofil a-fluoressensie te meet. Die data wat ingesamel is, het aangedui dat die parameters en aanwysers waarmee boomvitaliteit vasgestel is, van waarde was by die vasstelling van plantgesondheid; hierdie data verklaar egter nie op sigself die bome se verlies van gesondheid nie. Hoewel bome met ondeurdringbare oppervlakke as onderliggende grondbedekking, dus ?verseëlde grond?, laer waterpotensiale getoon het, dui dit nogtans nie op ?n watertekort nie. Ander faktore moet as die oorsaak van vitaliteitsverlies in hierdie straatbome oorweeg word. Eikebome in die laning in Potchefstroom moet fyn gemonitor word om suksesvolle bewaring deur wetenskaplikes, stadsinwoners en munisipale owerhede te verseker.

 Artículos similares

       
 
J Rossouw     Pág. 2 - 11
Hierdie artikel toon aan dat die kontantfunksie van sentrale banke (spesifiek banknote) weinig aandag in die akademiese literatuur kry en dra dus by om hierdie leemte te vul. Banknootuitreiking kom teen ?n groot koste vir sentrale banke, maar banknote in... ver más

 
S Salifu, D Desai, S Kok, O Ogunbiyi, A Oketola, I Cipriano     Pág. 64 - 74
In ?n strewe om die koste van die produksie van elektriese energie drasties te verminder en die dringende behoefte om in die toenemende vraag na elektrisiteit te voorsien, word kragopwekkingstoompype aan verskillende stoomladingstoestande blootgestel. Di... ver más

 
B A Senekal     Pág. 106 - 114
Samewerking het oor die afgelope eeu in byna alle wetenskaplike velde toegeneem, met ?n merkbare versnelling oor die afgelope dekades. Die redes vir hierdie toename sluit in die inligtingsontploffing en die uitdaging wat dit aan individuele navorsers ste... ver más

 
F J De Beer, V A Azov, D V Kama, F J F Jacobs     Pág. 117
Daar is sowat twintig proteïenogeniese aminosure wat natuurlik in biologiese wesens voorkom. Hierdie aminosure is die boublokke van proteïene. Proteïene is komplekse molekulêre masjiene wat ?n magdom funksies in die liggaam verrig. Inderdaad, sonder prot... ver más

 
A de Smidt, C Jansen van Rensburg, L L van As     Pág. 119
Studies oor verteenwoordigers van vrylewende nie-parasitiese en plantparasitiese nematode wat in natuurreservate in Suid-Afrika voorkom, is skaars. Meer navorsing oor die ekologie van nematode in Suid-Afrika word dus benodig. Volgens die Suid-Afrikaanse ... ver más