Redirigiendo al acceso original de articulo en 22 segundos...
ARTÍCULO
TITULO

Die verband tussen broeilingmassa en eiervolume in die Nylkrokodil (Crocodylus niloticus): Eiers se produktiwiteit varieerThe relationship between hatchling mass and egg volume in the Nile crocodile <i>(Crocodylus niloticus)</i>: The productivity of eggs varies

Johan Oliviette Nöthling    
Johan Antowan Nöthling    
Jan Gabriël Myburgh    

Resumen

Die oorlewing en lewenskragtigheid van Nylkrokodil (Crocodylus niloticus) broeilinge is belangrik vir die sukses van kommersiële krokodilboerdery en die instandhouding van populasies in die natuur.In hierdie studie beskryf ons eers die verband tussen die massa van Nylkrokodilbroeilinge en die geskatte volume van die eier waaruit elkeen gebroei het. Daarna beskryf ons die variasie in die verhouding tussen die massa van individuele broeilinge en die volume van die eier waaruit elk gebroei het (die produktiwiteit van die eier) binne en tussen broeisels. Die volumes van 316 Nylkrokodileiers uit 51 broeisels is met ?n doelgemaakte algoritme geskat op grond van sleutelafmetings van die eiers wat op foto?s van die uitgebroeide eierdoppe gemaak is. Die broeiling wat uit elke eier gebroei het is direk na uitbroei geweeg. Nóg die duur van inkubering tot uitbroei (P = 0.88) nóg die jaar waarin broeisels gelê is (P = 0.35) nóg die aantal eiers in die broeisel (P = 0.57) het broeilingmassa beïnvloed. Daar bestaan ?n sterk, lineêre positiewe verband tussen die uitbroeimassa van Nylkrokodilbroeilinge en die geskatte volume van die eiers waaruit hulle gebroei het r = 0.88, P < 0.001, n =316). Sonder inagneming van geskatte eiervolume is 86.9% van die variasie in  broeilingmassa die gevolg van variasie tussen broeisels en 13.1% die gevolg van variasie binne broeisels. Indien geskatte eiervolume in berekening gebring word is 59% van die variasie in broeilingmassa vir ?n bepaalde geskatte eiervolume die gevolg van variasie tussen broeisels en 41% die gevolg van variasie binne broeisels. Die produktiwiteit van eiers het van 0.57 g/ml tot 0.81 g/ml gevarieer, met 45.4% van die variasie wat tussen  broeisels voorgekom het en 54.6% binne broeisels.Verdere navorsing is nodig om die verband tussen broeilingmassa en die groei van broeilinge, sowel as die verband tussen eierproduktiwiteit en die groei van broeilinge te ondersoek.

Palabras claves

 Artículos similares

       
 
Jacobus N Eloff     Pág. 16 - 19
Met die langer lewensverwagting en verandering van pensioenskemas van maatskappye die afgelope paar jaar word dit al hoe belangriker vir salaristrekkers en pensioenarisse om self verantwoordelikheid te neem vir hulle fi nansiële beplanning voor... ver más

 
Estelle Gaigher     Pág. 8 bladsye
Hoewel daar heelwat internasionale navorsing gepubliseer is oor leerlinge se wanopvattings oor elektrisiteit, is daar weinig studies gedoen oor onderwysers se bewustheid van hierdie wanopvattings. Hierdie artikel doen verslag oor ?n gevallestudie om... ver más

 
Elza Venter     Pág. 7 bladsye
Generasie Y-leerders is jongmense wat ongeveer tussen 1977 en 2000 gebore is. Hierdie leerders het voor skerms grootgeword, ongeag of dit televisie-, rekenaar- of selfoonskerms was. Hulle is gebore in ?n samelewing waar inligting, opvoeding en verma... ver más

 
Surette van Staden     Pág. 7 bladsye
Die effek van voeding op leerderprestasie was al die onderwerp van menige studie. Bewyse wat die oorsaaklike verhouding tussen voeding en prestasie staaf, bestaan egter nie. Op nasionale vlak bel? die Departement van Basiese Onderwys tyd, moeite e... ver más

 
Willem J. Rauscher     Pág. 5 bladsye
Die aankondiging deur die Suid-Afrikaanse Minister van Basiese Onderwys dat Natuurwetenskappe en Tegnologie voortaan in die Intermedi?re Fase gekombineer gaan word, skep verskeie uitdagings wanneer dit kom by die uitvoering van hierdie aankondigin... ver más