Redirigiendo al acceso original de articulo en 23 segundos...
ARTÍCULO
TITULO

Nuwe bevindings oor die genetiese argitektuur van skisofrenie: Die bydrae van studies onder Afrikaners

Johannes L. Roos    

Resumen

Die genetiese komponent in die etiologie van skisofrenie word reeds ?n geruime tyd al aanvaar. Die onderliggende argitektuur van die genetiese risiko bly ?n punt van bespreking. Vroe? studies oor koppeling en kandidaatverbintenis het grootliks gelei tot onoortuigende of onbesliste resultate. Meer onlangs het kragtige tegnologie? beskikbaar geword. D?t, tesame met groot genoeg toetsgroepe en genoomwye panele van genetiese merkers, het dit moontlik gemaak om sistematiese en agnostiese skandering te doen regdeur die genoom. In agnostiese skandering word tegnologie aangewend om die probleem op te los, sonder enige voorveronderstelling oor waar die genoomrelevante allele gevind sal word. Daar word gesoek na algemene en unieke siektevariante met onderskeidelik klein of groot effek. Die soektog na variante wat nie ?n groot effek het nie, het beperkte sukses gehad. Aan die ander kant het die rol van unieke genetiese gebeure, soos kopienommervariasie (KNV) en uniekepunt-mutasies al hoe belangriker geraak by geenontdekking in geval van skisofrenie. Onlangse navorsing onder Afrikanerpasi?nte met skisofrenie, wat bou op vroe?re bevindings van spontane KNV by die 22q11 lokus, het lig gewerp op die spontane mutasieparadigma as ?n groot komponent in die argitektuur van skisofrenie. ?n Oorsig oor onlangse bevindings van hierdie studies word gegee.

 Artículos similares

       
 
T Makondo, G S Perry, E R Sadiku     Pág. 27 - 32
Die behandeling van suurmyndreinering (SMD) en die verwydering van swaarmetale en sulfate bly steeds ?n uitdaging vir die samelewing. Die rede hiervoor is omdat dit ?n ernstige en lewensgevaarlike probleem is wat wêreldwyd voorkom waar sulfiedgesteentes ... ver más

 
L Boardman, T C de Klerk     Pág. 75 - 91
Die globale verspreiding van rotskuns kompliseer die navorsing daarvan en noodsaak navorsers om grootliks op die aanlyn beskikbaarheid daarvan staat te maak. Sou van die elemente in só ?n kunswerk blyk onduidelik te wees, moet tans op ?n individuele basi... ver más

 
M Visser, T Pieterse, L Twigge, C Marais, B C B Bezuidenhoudt     Pág. 141
Sedert die ontdekking van olefienmetatese in die 1950?s vervul dit ?n onontbeerlike rol in sintetiese organiese chemie. Hierdie ontdekking het innoverende vooruitgang in chemiese biologie, medisinale chemie en materiaalwetenskappe tot gevolg gehad (Hovey... ver más

 
J Rossouw     Pág. 2 - 11
Hierdie artikel toon aan dat die kontantfunksie van sentrale banke (spesifiek banknote) weinig aandag in die akademiese literatuur kry en dra dus by om hierdie leemte te vul. Banknootuitreiking kom teen ?n groot koste vir sentrale banke, maar banknote in... ver más

 
A A Janse, I J van der Walt, P L Crouse     Pág. 124
Omdat voertuigbande ontwerp word om duursaam te wees, skep dit aan die einde van hul ekonomiese lewe ?n groot afvalprobleem. Bande is nie bio-afbreekbaar nie en berging veroorsaak gesondheids-, besoedelings- en brandgevaar. Wêreldwyd word jaarliks ongeve... ver más