ARTÍCULO
TITULO

?n Hoëvlak-model vir die byvoeging van forensiese gereedheid tot mobiele toestelbestuurA high-level model for providing forensic readiness to mobile device management

Elsabe Ros    
H S Venter    

Resumen

In die era voordat slimfone populêr geraak het, was dit taamlik maklik vir besighede om toegang tot hul netwerke, stelsels en inligting te beheer. Baie besighede het die waarde daarvan gesien om slimfone vir besigheidsdoeleindes te gebruik, maar vir besighede om ?n slimfoon aan elke werknemer te verskaf is nie altyd moontlik nie. Daarom het baie besighede besluit om werknemers toe te laat om hul eie slimfone te gebruik, wat bekend staan as ?Bring your own device? (BYOD). Hierdie beleid hou egter risiko?s vir besighede in, omdat hierdie slimfone nie aan hulle behoort nie en ook nie deur hulle beheer word nie, maar deur eienaars van die toestelle. Een van die populêre oplossings vir hierdie probleem is ?n mobiele toestelbestuur (?Mobile device management?) stelsel. Mobiele toestelbestuurstelsels is egter slegs voorkomend, wat beteken dat wanneer ?n voorval plaasvind, die ondersoekers nie historiese data oor die gebruik van die slimfoon kan bekom nie.

 Artículos similares

       
 
H Hattingh, G S Cornelius, N S Jacobs     Pág. 123
Ongeveer ?n derde (33,14%) van die Suid-Afrikaanse bevolking bevind hulself tans in landelike nedersettings. Landelike nedersettings in Suid-Afrika is berug vir armoede en onderontwikkeling, wat die noodsaaklikheid van ?n hernude fokus op die ontwikkelin... ver más

 
M O Ndou, J M Ndambuki, J T Mgidi     Pág. 33 - 46
Die volhoubare voorsiening van water in voldoende hoeveelhede is fundamenteel vir die ekonomiese groei van enige land. In Suid-Afrika vereis die bedryf van al die groot ekonomiese sektore beduidende hoeveelhede water. Suid-Afrika ervaar egter steeds wate... ver más

 
M Vermeulen, M Allsopp, F Marini, P J Williams, M Manley     Pág. 47 - 57
Geografiese en blomoorsprong bepaal die samestelling van heuning. Melissopalinologie is die tradisionele metode om die bron van die stuifmeel in heuning te bepaal. Hierdie metode van analise is moeisaam, tydrowend en moet deur ?n deskundige uitgevoer wor... ver más

 
S du Preez, J du Plessis, J Fourie, W du Preez, D de Beer     Pág. 92 - 105
Die doel van hierdie literatuurstudie was om ?n breë oorsig van laagvervaardiging in Suid-Afrika en die beroepsgesondheid risiko?s wat geassosieer word met laagvervaardiging te voorsien. Laagvervaardiging is die proses waar materiale laag-vir-laag neerge... ver más

 
T Makondo, G S Perry, E R Sadiku     Pág. 27 - 32
Die behandeling van suurmyndreinering (SMD) en die verwydering van swaarmetale en sulfate bly steeds ?n uitdaging vir die samelewing. Die rede hiervoor is omdat dit ?n ernstige en lewensgevaarlike probleem is wat wêreldwyd voorkom waar sulfiedgesteentes ... ver más