ARTÍCULO
TITULO

Navorsing oor voorgraadse wiskundeonderrig: ?n Suid-Afrikaanse perspektief

Elsa Mentz    

Resumen

Paarprogrammering het in die industrie ontstaan waar die fokus op die ontwikkeling van programme teen die mees koste- en tyd-effektiewe wyse binne die raamwerk van kwaliteit behoort plaas te vind. Die klem is in hierdie konteks geplaas op die feit dat ?n bepaalde programkode nie deur een persoon alleen ontwikkel behoort te word nie, maar dat twee persone mekaar kan bystaan om ?n beter programkode te skryf, en mekaar ook kan aanspoor om vinniger te werk. Die probleem met hierdie benadering was egter dat beginner-programmeerders in die industrie nie vooraf op tersi?re vlak genoegsaam met sosiale vaardighede bemagtig is om saam te werk aan programkode nie. Die eise van die industrie, veral die sterker nadruk op samewerking in programmering, het meegebring dat paarprogrammering in die laat negentigerjare ook in die tersi?re opleiding van programmeerders veld begin wen het. Die pedagogiese beginsels waarop enige onderrig-leerstrategie gebou moes word, is in hierdie proses egter grootliks oor die hoof gesien. Hierdie artikel doen eerstens verslag oor ?n ondersoek rakende die semantiese en ontologiese onderskeid tussen ko?peratiewe (co-operative) en samewerkende (collaborative) leer, en tweedens dat paarprogrammering, binne die konteks van ?n sosiaal-konstruktiwistiese benadering tot onderrig en leer as ?n samewerkende onderrig-leer strategie beskou kan word. Paarprogrammering is m??r as bloot om twee leerders en/of studente saam aan ?n opdrag of programmeertaak te laat werk. Die meer gestruktureerde wyse, waarop paarprogrammering ge?mplementeer moet word, stem ooreen met die beginsels van ko?peratiewe leer. Daar word tot die gevolgtrekking gekom dat die korrekte pedagogiese toepassing van paarprogrammering as ko?peratiewe onder-leerstrategie in tersi?re onderwys leerwins binne die onderrigleersituasie verhoog.

 Artículos similares

       
 
Wessel J Pienaar     Pág. 1 - 9
Sedert die ekonomiese deregulering van goederevervoerbedrywighede in nywerheidslande oor die wêreld heen en die vrymaking van internasionale handelspraktyke het dit nodig geword om ?n praktiese kennis van die tipe g oederevervoertegnologie te h... ver más

 
Johan P Rossouw, M C Matthee, L Weilbach     Pág. 136
?n Toenemende aantal skole in Suid-Afrika is besig om e-leer en verwante tegnologie in een of ander vorm in klaskamers te implementeer. Bestaande navorsing wys dat fi nansiële belegging in hierdie tipe implementerings in Suid-Afrika teen ?n eksponen... ver más

 
Adriaan J. Reinecke, Sophia A Reinecke     Pág. 35 - 46
Grond is ?n diensverskaffende bate wat onder toenemende druk verkeer maar is ook die tuiste van ?n menigte grondlewende spesies wat bykans alle terrestriële dierfilums insluit. Die uitwerking van verandering as gevolg van menslike aktiwiteite o... ver más

 
Estelle Gaigher     Pág. 8 bladsye
Hoewel daar heelwat internasionale navorsing gepubliseer is oor leerlinge se wanopvattings oor elektrisiteit, is daar weinig studies gedoen oor onderwysers se bewustheid van hierdie wanopvattings. Hierdie artikel doen verslag oor ?n gevallestudie om... ver más

 
Eduan Kotzé     Pág. 10 bladsye
Mens en rekenaar genereer data elektronies teen ?n astronomiese spoed en in so ?n mate dat die samelewing tans kognitiewe uitdagings ervaar om al hierdie data sinvol te ontleed en te gebruik. Grootdatafirmas, soos Google en Facebook, het hierdie pro... ver más