ARTÍCULO
TITULO

Oopbronintelligensie (OSINT) vir veiligheidsdoeleindes: Die ontwikkeling van ?n dataontledingspyplyn om relevante WhatsAppboodskappe te ontleed

Burgert A. Senekal    
Eduan Kotze    

Resumen

Oopbronintelligensie het in die laaste paar dekades die dominante intelligensiedissipline geword. Die inligtingsontploffing het egter daartoe gelei dat geoutomatiseerde metodes aangewend moet word om inligting uit groot hoeveelhede data, wat gereeld in ?n ongestruktureerde formaat bestaan en deurlopend gegeneer word, te onttrek. Boonop het nuwe inligtingskanale soos sosiale media ontstaan wat beteken dat nie slegs die hoofstroommedia gemonitor kan word om gebeurtenisse te identifiseer nie. Hierdie artikel bespreek hoe ?n dataversamelings en -ontledingspyplyn saamgestel kan word om inligting uit WhatsApp boodskappe, wat op groepe met hul eie sienings van veiligheidsbegrippe of probleme voorkom, en onder meer verwys na gewelddadige betogings, plaasaanvalle, grondgrype en ander misdaad in Suid-Afrika, te onttrek. Daar word bespreek hoe teks skoongemaak word en gebeurtenisse en plekname onttrek word en dan outomaties na ?n visuele en interaktiewe gebruikerskoppelvlak uitgevoer word om die voorkoms van hierdie gebeurtenisse in kleiner areas of sektore en later landswyd te kan monitor. Uitdagings en probleme word bespreek, sowel as verdere navorsingsgeleenthede, wat insluit om so ?n stelsel met veiligheidheidsreaksiemagte soos die Polisiediens se databasisse te integreer ten einde waardevolle reaksie vir die gemeenskap ten opsigte van veiligheid te weeg te bring.

 Artículos similares

       
 
R S Mohlamonyane, E R Sadiku, S S Ray     Pág. 58 - 63
Rubber word in verskillende omgewingstoestande gebruik. Omdat hulle intrinsiek hoogs elasties is maar oor relatief lae sterkte beskik, kan rubber nie sommige van die spannings wat daarop uitgeoefen word, doeltreffend weerstaan nie. Ten einde die elektrie... ver más

 
S du Preez, J du Plessis, J Fourie, W du Preez, D de Beer     Pág. 92 - 105
Die doel van hierdie literatuurstudie was om ?n breë oorsig van laagvervaardiging in Suid-Afrika en die beroepsgesondheid risiko?s wat geassosieer word met laagvervaardiging te voorsien. Laagvervaardiging is die proses waar materiale laag-vir-laag neerge... ver más

 
S Salifu, D Desai, S Kok, O Ogunbiyi, A Oketola, I Cipriano     Pág. 64 - 74
In ?n strewe om die koste van die produksie van elektriese energie drasties te verminder en die dringende behoefte om in die toenemende vraag na elektrisiteit te voorsien, word kragopwekkingstoompype aan verskillende stoomladingstoestande blootgestel. Di... ver más

 
L Liebenberg, M Schutte-Smith, H G Visser     Pág. 126
Kanker is een van die grootste oorsake van sterftes in die wêreld. Volgens CA: A Cancer Journal for Clinicians is daar in 2020 wêreldwyd sowat 19,3 miljoen nuwe kankergevalle en 10 miljoen sterftes as gevolg van kanker aangemeld. ?n Kankerdiagnose het ?n... ver más

 
M O Ndou, J M Ndambuki, J T Mgidi     Pág. 33 - 46
Die volhoubare voorsiening van water in voldoende hoeveelhede is fundamenteel vir die ekonomiese groei van enige land. In Suid-Afrika vereis die bedryf van al die groot ekonomiese sektore beduidende hoeveelhede water. Suid-Afrika ervaar egter steeds wate... ver más